Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
3000 – 3020

Sokker: Bafana-afrigter broos oor Fifa-ranglys

Sportminister Gayton McKenzie het ná hul geskiedkundige 1-0-oorwinning oor Suid-Korea vir Bafana Bafana 'n bonus van vyf miljoen rand beloof vir elke Fifa Wêreldbeker-uitklopoorwinning. Bafana Bafana pak vanaand om nege-uur die mede-gasheer, Kanada, met die doel om die laaste-16 van die toernooi te haal. Intussen sê Bafana Bafana-afrigter Hugo Broos…
28 Jun 6AM 1 min

Feite kritiek in SA immigrasiedebat

Die Ahmed Kathrada-stigting sê Suid-Afrika se immigrasiedebat moet gelei word deur feite, nie waninligting nie. Die stigting sê migrante maak ongeveer vier persent van die land se bevolking uit en is nie die belangrikste oorsaak van die druk op openbare dienste nie. Die stigting se teen-rassismebestuurder, Rethabile Ratsomo, sê werkloosheid,…
28 Jun 5AM 1 min

Bafana-prestasies goed vir SA se wêreldbeeld

Die uitvoerende hoof van Brand South Africa, Neville Mattjie, sê Bafana Bafana se Fifa Wêreldbeker-prestasie versterk die land se wêreldwye beeld en bewys dat negatiwiteit nie nasionale veerkragtigheid kan ondermyn nie. In 'n onderhoud met Newzroom Afrika beklemtoon hy dat die span se sukses Suid-Afrika in die internasionale kollig geplaas…
28 Jun 4AM 1 min

Primêre, sekondêre sektore trek swaar in eerste kwartaal

Namibië se ekonomie het 'n vroeë hupstoot in die eerste kwartaal van 2026 gekry van sterk groei in die dienstesektor, maar dalings in mynbou en vervaardiging het steeds die algehele prestasie beïnvloed. Volgens die Namibiese Statistiek-agentskap is die prestasie gedryf deur 'n uitbreiding van 5,1 persent in tersiêre nywerhede, gelei…
28 Jun 3AM 1 min

Fosa soek duidelikheid by Ramaphosa oor polisie

Die Forum for South Africa het president Cyril Ramaphosa gevra om dringend onsekerheid oor leierskap in die ministerie van polisie op te los. Die organisasie sê belastingbetalers dra die koste van oorvleuelende leierskap. Fosa sê die skorsing van Senzo Mchunu duur nou te lank en eis 'n permanente besluit oor…
28 Jun 2AM 1 min

Alle polisieverlof in KZN gekanselleer vir Dinsdag se betogings

President Cyril Ramaphosa het tradisionele leiers versoek om hul morele gesag te gebruik om onverdraagsaamheid en onstabiliteit te ontmoedig voor Dinsdag se beplande betogings teen migrante. Alle verlof vir polisielede in KwaZulu-Natal is ook gekanselleer en alle lede sal ontplooi word, het owerhede bevestig. Intussen het die DA-leier Geordin Hill-Lewis…
28 Jun 1AM 1 min

Herlewingsboerdery al belangriker

El Niño sal in alle waarskynlikheid sterker ontwikkel en die volgende reënseisoen negatief beïnvloed. Normale beplanning is uiters belangrik omdat veral landbou geraak sal word. Herlewingsboerdery word al hoe meer gewild om klimaatsverandering te mitigeer. Eckart Förtsch, die voorsitter van Organic Namibia, verduidelik hoe dit veeboerdery kan help.
28 Jun 12AM 1 min

Starlink-stryd nog lank nie verby

Ondersteuners van Starlink in Namibië weier om Cran se besluit te aanvaar om die satelliet-internetverskaffer se bedryfslisensie te verwerp. Die Starlink Namibia-gemeenskap sê hulle is diep teleurgesteld nadat Cran meer as 620 versoeke vir die heroorweging van die besluit van die hand gewys het, en voer aan dat die skuif…
27 Jun 7AM 1 min

Menseregtekommissie maak erns van Vatsonga Machangani-memo

Tshepo Madlingozi van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie sê die kommissie gaan 'n memorandum wat deur die Vatsonga Machangani-gemeenskap ingedien is, oorweeg ná 'n optog in Johannesburg teen stamgebondenheid en xenofobie. Betogers sê Tsonga-sprekende Suid-Afrikaners word tydens betogings teen migrante geteister, geëtiketteer en as immigrante aangesien. Die memorandum vra sterker beskerming van…
27 Jun 6AM 1 min

CoW gee duidelikheid oor Khomas Ratepayers se uitnodiging

Stad Windhoek het 'n uitnodiging wat deur die Khomas Ratepayers Association aan alle inwoners gerig is, as misleidend bestempel. Die uitnodiging is na wat die vereniging 'n kritieke vergadering met die volle raad genoem het, wat vir Woensdag, 1 Julie geskeduleer is. Stad Windhoek het egter 'n dringende openbare kennisgewing…
27 Jun 4AM 1 min

30 Junie 'n 'normale werksdag' in SA, sê migrasiekomitee

Die interministeriële komitee oor migrasie sê 30 Junie sal 'n normale werksdag wees, ondanks die beplande betogings oor migrasiekwessies. Die voorsitter van die komitee, Mmamoloko Kubayi, het aan die media gesê daar sal geen ontwrigting van ekonomiese of sosiale aktiwiteite wees nie en het die publiek aangespoor om met normale…
27 Jun 3AM 1 min

Samewerking deur Sacu belangriker as ooit, sê Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa sê streeksamewerking is belangriker as ooit tevore weens internasionale onsekerheid en verskuiwende voorsieningskettings. Hy het tydens die Suider-Afrikaanse Doeane-unie se beraad in Kaapstad gesê geen Afrikaland kan alleen floreer in die huidige ekonomiese klimaat nie. Namibië se president Netumbo Nandi-Ndaitwah het ook die beraad bygewoon. Ramaphosa beskryf…
27 Jun 2AM 1 min

Wind, verspreide donderbuie die naweek verwag

Namibië sal matige tot baie warm binnelandse temperature met aanhoudende winderige toestande en verspreide donderbuie oor die naweek ervaar. Albertina Anderson, voorspeller van die Namibiese Meteorologiese Diens, sê die kus sal gedeeltelik bewolk en matig bly, hoewel ligte reën in die suide moontlik is.
27 Jun 1AM 1 min

Copps 94.1: Motor beland op dak op reguit pad

Onderwysminister Sanet Steenkamp het Vrydagaand die Copps 94.1-span vergesel en die maatskaplike euwels wat Windhoek teister, eerstehands beleef. Dit het onder meer ‘n ongeluk op ‘n stuk reguit pad in die hoofstad ingesluit. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was op sy pos en doen verslag van die toneel:
27 Jun 12AM 1 min

Omusati-landbouproduksie groei goed

Landbouproduksie in die Omusati-streek het in 2025/2026 beduidende vordering getoon, gedryf deur 'n groter fokus op besproeiing en waardetoevoeging van vee. Goewerneur Immanuel Shikongo het in sy streeksrede gesê dat belangrike ontwikkelings insluit massiewe mielie-oeste by die Etunda-besproeiingskema, die konstruksie van 'n groot veevoerkraal en voortgesette beleggings in waterinfrastruktuur.
26 Jun 11AM 1 min

TLU SA verwelkom nuwe BKS beheermaatreëls

Die landbou-organisasie, TLU SA, verwelkom die nuwe bek-en-klouseer-beheermaatreëls en sê dis ʼn stap in die regte rigting. Die Departement van Landbou het ʼn nuwe raamwerk bekendgestel vir ʼn enkele, geïntegreerde nasionale stelsel om bek-en-klouseer-uitbrekings, van opsporing tot herstel, te bestuur. Bennie van Zyl van TLU SA sê enige maatreëls wat…
26 Jun 11AM 1 min

Daar's vordering met sportinfrastruktuur in streke

Adjunk-sportminister Dino Ballotti het vroeër aangekondig dat 200 miljoen Namibiese dollar toegewys is vir sportinfrastruktuur en plaaslike ligas, wat die weg sal baan vir die land om weer internasionale sokkerwedstryde aan te bied. Kosmos 94.1 Nuus het met sportkommentator Isak Hamata gepraat oor die vordering in die streke.
26 Jun 10AM 1 min

Geestesongesteldhede moenie soos kriminaliteit behandel word

Verskeie gevalle van geestesversteurde pasiënte wat met die gereg gebots het was onlangs in die nuus. In een geval het Andrea Feris haar swaer na bewering met 'n mes aangeval en Giano Seibeb, wat op 30 April naak binne Staatshuis aangetref is, is Donderdag ongeskik verklaar om verhoor te word…
26 Jun 10AM 1 min

Presidensie 'moet VSA-ambassadeur aanvat oor arrogansie'

Reaksie word steeds ontvang oor Amerikaanse ambassadeur John Giordano se opmerkings tydens 'n vergadering met hoofregter Peter Shivute, waar hy gesê het plaaslike regters kan hom kontak, sodat Amerikaanse regters kan raad gee in sekere sake. Dit het wyd kritiek uitgelok en vrae oor regterlike onafhanklikheid laat ontstaan. Dr. Henning…
26 Jun 10AM 1 min
3000 – 3020