Fosa soek duidelikheid by Ramaphosa oor polisie

Loading player...
Die Forum for South Africa het president Cyril Ramaphosa gevra om dringend onsekerheid oor leierskap in die ministerie van polisie op te los. Die organisasie sê belastingbetalers dra die koste van oorvleuelende leierskap. Fosa sê die skorsing van Senzo Mchunu duur nou te lank en eis 'n permanente besluit oor Firoz Cachalia se aanstelling. Fosa-woordvoerder Tebogo Mashilompane doen 'n beroep op verantwoordbaarheid, beslissende leierskap en 'n duidelike plan om misdaad te bekamp:
28 Jun 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Primêre, sekondêre sektore trek swaar in eerste kwartaal

Namibië se ekonomie het 'n vroeë hupstoot in die eerste kwartaal van 2026 gekry van sterk groei in die dienstesektor, maar dalings in mynbou en vervaardiging het steeds die algehele prestasie beïnvloed. Volgens die Namibiese Statistiek-agentskap is die prestasie gedryf deur 'n uitbreiding van 5,1 persent in tersiêre nywerhede, gelei…
28 Jun 3AM 1 min

Alle polisieverlof in KZN gekanselleer vir Dinsdag se betogings

President Cyril Ramaphosa het tradisionele leiers versoek om hul morele gesag te gebruik om onverdraagsaamheid en onstabiliteit te ontmoedig voor Dinsdag se beplande betogings teen migrante. Alle verlof vir polisielede in KwaZulu-Natal is ook gekanselleer en alle lede sal ontplooi word, het owerhede bevestig. Intussen het die DA-leier Geordin Hill-Lewis…
28 Jun 1AM 1 min

Herlewingsboerdery al belangriker

El Niño sal in alle waarskynlikheid sterker ontwikkel en die volgende reënseisoen negatief beïnvloed. Normale beplanning is uiters belangrik omdat veral landbou geraak sal word. Herlewingsboerdery word al hoe meer gewild om klimaatsverandering te mitigeer. Eckart Förtsch, die voorsitter van Organic Namibia, verduidelik hoe dit veeboerdery kan help.
28 Jun 12AM 1 min

Starlink-stryd nog lank nie verby

Ondersteuners van Starlink in Namibië weier om Cran se besluit te aanvaar om die satelliet-internetverskaffer se bedryfslisensie te verwerp. Die Starlink Namibia-gemeenskap sê hulle is diep teleurgesteld nadat Cran meer as 620 versoeke vir die heroorweging van die besluit van die hand gewys het, en voer aan dat die skuif…
27 Jun 7AM 1 min

Menseregtekommissie maak erns van Vatsonga Machangani-memo

Tshepo Madlingozi van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie sê die kommissie gaan 'n memorandum wat deur die Vatsonga Machangani-gemeenskap ingedien is, oorweeg ná 'n optog in Johannesburg teen stamgebondenheid en xenofobie. Betogers sê Tsonga-sprekende Suid-Afrikaners word tydens betogings teen migrante geteister, geëtiketteer en as immigrante aangesien. Die memorandum vra sterker beskerming van…
27 Jun 6AM 1 min