Perspektief

Kry 'n Goddelike perspektief oor wêreldse kwessies. Perspektief is ‘n aktualiteits program op Radiokansel 657AM, dit neem besprekingspunte verder deur daarna te kyk deur die lens van die Skrif.
Weekly Afrikaans South Africa Christianity · News
183 Episodes
1 – 20

"Nuus" en die lewe in Suid Afrika - het die lewe goedkoop geword?

Jannie Pelser en gaste: Prof Hein Willemse, Prof Theo Venter, Prof Antonie van Niewkerk oor die uitdagings wat "nuus" in vandag se tyd het. Koerante word nie meer gedruk nie en sosiale media maak dit ook moeilik om te bepaal wat is ware nuus en wat is nie? Tans in…
22 Jan 50 min

Hoe raak internasionale verwikkelinge Suid Afrika?

Ons leef in 'n globale wêreld waar verwikkelinge in een deel van die wêreld na alle waarskynlikheid een of ander impak op ons in Suid-Afrika, en ook ander wêrelddele sal hê. Vandag help drie politieke wetenskaplikes: Prof. Theo Venter, Prof. Andre Duvenhage en Jaco Kleynhans, ons om die belangriker verwikkelinge…
15 Jan 53 min

Wat het Suid-Afrika se besluitnemers om mee te werk in 2025?

Dit is inderdaad 'n nuwe jaar en soos met 'n balansstaat vra Jannie Pelser en gaste, Proff. Andre Duvenhage, Theo Venter en Dirk Kotze, die vraag vandag: wat het "ons" (Suid-Afrika, besluitnemers) om mee te werk? Die vraag "waaraan het "ons" 'n dringende behoefte, in so 'n mate dat dit…
8 Jan 52 min

2025 Nuwejaarswense en -gedagtes

Jannie Pelser en gaste, Dr Willem Pretorius, Dr Andre van Niekerk, Dr Pieter Nagel en Prof Andre Duvenhage, gesels oor die Nuwe Jaar 2025
1 Jan 49 min

Kerswense op Kersdag

Jannie Pelser en gaste, Prof Wannie Carstens, Johannes Froneman, Dr Johan PIenaar en Past Danie van der Westhuizen deel 'Kers-gedagtes
25 Dec 2024 44 min

'n Terugblik op 2024

Jannie Pelser, Prof Andre Duvenhage en Prof Pieter Duvenhage kyk bietjie terug oor wat als in 2024 plaasgevind het
18 Dec 2024 51 min

Perspektief - 11 Des 2024

Jannie Pelser en gaste, Dr Danie Langner, Hannes Noëth en Jan Bosman gesels oor Die Gelofte en Geloftedag 16 Des 2024
11 Dec 2024 54 min

Perspektief - 4 Des 2024

In vandag se program gesels Jannie Pelser met Prof, Theo Venter, Gert van der Westhuizen, Prof Anthoni van Nieuwkerk en Paul Sauer oor 'n klompie sakies onder andere: Donald Trump wil Hamas 'n opstopper gee Mnr Ramaphosa nooi Mnr Trump vir 'n potjie golf Mnr Ramaphosa skuif die stoele op…
4 Dec 2024 51 min

Perspektief - 27 Nov 2024

Jannie Pelser en gaste: Prof Christina Landman, Tina Thiardt en Tatum Rose, gesels oor die 16 Dae van Aktivisme teen die geweld teen vroue en kinders
27 Nov 2024 53 min

Termynbegrotingsraamwerk

Jannie Pelser gesels vanoggend met Prof. Theo Venter, Prof Andre Duvenhage en Prof Hein Willemse oor die "1ste grootste toets vir die RNE" in terme van die termynbegrotingsraamwerk.
30 Oct 2024 53 min

Konflik in internasionale politiek

Jannie Pelser tesame met Prof Pieter Duvenhage, Prof Andre Duvenhage en Prof Jannie Rossouw bring perspektief oor die konflik wat tans in internasionale politiek heers
23 Oct 2024 47 min

Globale konflik en 'n moontlike 3de wêreld oorlog?

Jannie gesels vanoggend met Antonie van Niekerk, Prof Abel Esterhuyse en Jaco Kleynhans oor die kwessie van globale konflik, 'n moontlike 3de wêreld oorlog en die rol wat Suid-Afrika daarin kan speel
9 Oct 2024 46 min

79ste Verenigde Nasies Vergadering

Jannie Pelser gesels vanoggend met Prof. Dirk Kotzee, Prof. Antonie van Niekerk en Prof Andre Duvenhage oor die 79ste Verenigde Nasies vergadering wat tans in New York plaasvind
25 Sep 2024 49 min

Die Bela Wet en Suid Afrika se onderwys

Jannie Pelser gesels saam met Dr. Oscar van Heerden, Paul Sauer en Dr. Johane van der Merwe oor die Bela Wet en die invloed daarvan op Suid Afrika se onderwys
18 Sep 2024 54 min

Trump v Harris - kenners gesels

Proff. Theo Venter, Pieter Duvenage en Gert vd Westhuizen gesels oor die nuutste verwikkelinge aan die nuusfront.
11 Sep 2024 53 min
1 – 20