GROOTfm 90.5 Ontbyt met Doepie en Nina

Ontbyt met Doepie en Nina

Doepie en Nina is vir die afgelope 5 jaar ‘n span op lug en is bitter opgewonde om hulle tande te slyp in Ontbyt-radio.
Doepie en Nina se sterk… (en minder sterk) punte, vul mekaar aan en hulle verskillende belangstellings maak dat hulle enige onderwerp kan aanpak van geloof tot stories oor menslike belange, finansies, politiek tot plaaslike en internasionale sterre. Hul passie vir radio en hul luisteraars is wat hulle dryf om interessante inhoud te skep en dag na dag luisteraars met relevante nuus en inhoud ingelig te hou en ook ‘n stem te gee aan die wat stemloos is.
Elke oggend saam met Doepie en Nina is energiek, opwindend, insiggewend en ‘n emotional rollercoaster, want hulle lag soms tot hulle huil, of vertel ander se stories met ‘n traan…
Vergeet wat jy weet van tradisionele oggend radio en maak reg vir ONTBYT saam met Doepie en Nina.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
942 Episodes
1 – 20

#OntbytMetDoepieEnNina - Rooksein

Rooksein kuier by Doepie en Nina om te gesels oor hulle nuwe liedjie saam met Zaan Sonnekus en ook wat hulle tans mee besig is.
15 Oct 21 min

#OntbytMetDoepieEnNina - Sy wat wil dien (Arina Jooste)

'n Nuwe Afrikaanse boek werp lig op die dikwels onvermelde rol van soldaatvroue gedurende die jare van die SA Weermag, die grensoorlog en die oorgang na die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag. Die boek, geskryf deur ‘n veteraan, voormalige soldaat en soldaatvrou, vertel die verhaal van 'n generasie vroue wat saam met…
8 Oct 13 min

#OntbytMetDoepieEnNina - Veiligheid vir vrouens

Carla Prinsloo van The Edge Training academy het vir ons kom vertel hoekom vrouens maklike teikens is vir ontvoerders asook vir Nina 'n paar praktiese wenke gegee oor hoe om haarself te verdedig.
5 Oct 16 min

#OntbytMetDoepieEnNina - Liezel van Intiem

Liezel het gesels met Doepie en Charonike oor "Somer is Op Pad: 5 Maniere Om Lekker Saam te Leef" en deel ook praktiese wenke van wat jy kan doen om dinge in jou huwelik weer lekker te maak.
29 Sep 14 min
1 – 20