GROOTfm 90.5 Ontbyt met Doepie en Nina

Ontbyt met Doepie en Nina

Doepie en Nina is vir die afgelope 5 jaar ‘n span op lug en is bitter opgewonde om hulle tande te slyp in Ontbyt-radio.
Doepie en Nina se sterk… (en minder sterk) punte, vul mekaar aan en hulle verskillende belangstellings maak dat hulle enige onderwerp kan aanpak van geloof tot stories oor menslike belange, finansies, politiek tot plaaslike en internasionale sterre. Hul passie vir radio en hul luisteraars is wat hulle dryf om interessante inhoud te skep en dag na dag luisteraars met relevante nuus en inhoud ingelig te hou en ook ‘n stem te gee aan die wat stemloos is.
Elke oggend saam met Doepie en Nina is energiek, opwindend, insiggewend en ‘n emotional rollercoaster, want hulle lag soms tot hulle huil, of vertel ander se stories met ‘n traan…
Vergeet wat jy weet van tradisionele oggend radio en maak reg vir ONTBYT saam met Doepie en Nina.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
622 Episodes
1 – 20

#OntbytMetDoepieEnNina - Irene-Louise Van Wyk

Irene het kom kuier oor haar nuutste enkelsnit genaamd "Boertjie voorr my deur". Sy vertel ons ook van die slegte kommentaar wat sy op sosiale media ontvang en hoe sy dit hanteer.
21 Nov 13 min

#OntbytMetDoepieEnNina - Natie Ferreira (Fanaties)

Natie Ferreira bied die program "Fanaties" aan waar hulle gesels oor oudhede en ook die geskiedenis van al hierdie items. Hy vertel ook of van die luisteraars se oudhede enige waarde het en hoe om dit te bepaal.
20 Nov 24 min

#OntbytMetDoepieEnNina - Brendan Peyper

Brendan het kom inloer om ons te vertel van 3 enkelsnitte wat hy vandag vrystel. Ons gesels ook oor die onlangse nuus van hom in die media en waaroor al hierdie nuwe liedjies gaan.
14 Nov 22 min

#OntbytMetDoepieEnNina - Bernice West (See Toe)

Die talentvolle Bernice West het kom kuier om te gesels oor haar nuwe enkelsnit, See Toe, en ons gesels ook met haar en haar man Jannes oor familie tradisies wat hulle nou maak oppad see toe met hulle nuwe gesin.
6 Nov 17 min
1 – 20