GROOTfm 90.5 Die Groot Trek

Die Groot Trek

Doepie hou van adrenalien, nuwe uitdagings en om altyd die gek te skeer. Hy is die tipe ou wat die grap in enige gesprek sal raaksien en uitwys maar kan self baie opgewerk raak oor situasies wat mense nie altyd wil aanspreek nie. Hy het tog ‘n sagte hart en sagte plek vir mense. Daar is nooit ‘n ‘dull moment’ saam met Doepie nie en mens is nooit regtig seker wat volgende gaan gebeur nie. Dit waarborg egter dat die #GrootTrek ‘n program is wat jou op die punt van jou stoel gaan hou vir ‘n volle drie ure.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
521 Episodes
20 – 40

#DieGrootTrek - Danny Smoke

Danny het kom kuier met n splinternuwe enkelsnit! Ons gesels ook bietjie meer oor sy Solo loopbaan en waar hy nou is met sy musiek!
9 May 33 min

#DieGrootTrek - Probleem, geen Probleem (Troue)

Ons eerste Probleem, Geen Probleem luisteraar het laat weetdat sy binnekort trou maar alles is baie duur. Ons het gaan aanklop by Courtney Cousins van Weddings by Courtney Cousins om te hoor watse wenke sy het om jou troudag pragtig maar bekostigbaar te maak!
9 May 7 min

#DieGrootTrek - Leah

Die Pragtige Leah het weer kom inloer en die keer is dit vir haar nuwe enkelsnit. Doepie en Nina kyk ook of sy goed kan jok met 'n vinnige spelletjie en sy voer vir ons 2 liedjies akoesties op!
8 May 29 min

#DieGrootTrek - Eloff

Eloff in die ateljee met n nuwe enkelsnit maar ons speel eers 2 rondtes van "Is dit rof of Eloff" om te sien wat sy musieksmaak is.
6 May 28 min

#DieGrootTrek - Riana Nel Kies Enkelsnit

Riana Nel kuier by Doepie en Nina op die GrootTrek om te gesels oor haar nuwe enkelsnit, Kies. Sy deel ook haar getuienis van haar en haar man se ontmoeting en moedig jong meisies aan om te wag vir die regte een, wat God vir hulle gekies het…
2 May 30 min

#DieGrootTrek - GrootGeld met Jan van PSG Silver Lakes

Jan Van Wyk van PSG Silver Lakes het weer kom inloer om te gesels oor alles GrootGeld! Ons bespreek 'n baie bedrywige April maand en wat dit beteken vir jou beleggings en hoe PSG vir jou 'n antwoord kan bied op alles!
29 Apr 36 min

#DieGrootTrek - Elma Makenzie

Elma Makenzie deel op Goeie Vrydag haar getuienis met Nina. Dis 'n getuienis van God se getrouheid in 'n tyd toe Elma stoksielalleen was en nie 'n uitweg gesien het nie... Ook 'n storie van 'n vrou wat haar ALLES vir Jesus gee…
18 Apr 28 min

#DieGrootTrek - Bobby Van Jaarsveld

Bobby het bietjie kom kkuier uit Ballito om met ons te gesels oorr nuwe musiek wat uitkom en ook die nuwe musiekblyspel wat hy opvoer in Pretoria. Ons gesels ook bietjie oor sy TV rolle en wat voorle met sy musiek.
11 Apr 22 min

#DieGrootTrek - Tamlyn Wessels

Die inspirerende Tamlyn het kom inloer met n splinternuwe enkelsnit en vir die eerste keer op die GrootTrek vanmiddag. Sy doen ook vir ons van haar gunsteling liedjies akoesties in die ateljee.
10 Apr 22 min

#DieGrootTrek - Outopsietafel deur Ryan Blumenthal

Ryan Blumenthal is 'n forensiese patoloog en een van net 80 in die land wat verantwoordelik is vir nadoodse ondersoeke. Sy nuwe boek "Outopsietafel" deel hy sy persoonlike staaltjies en ook gee ook insig in wat Suid-Afrika anders maak in die veld as enige ander plek in die wêreld.
8 Apr 35 min

#DieGrootTrek - Grant Lottering "IM-Possible"

Fietsryer, Grant Lottering, deel sy getuienis met Doepie en Nina. Na 'n fietsongeluk in 2013 het hy by die dood omgedraai en saam met die Here het hy die onmoontlike reggekry…
1 Apr 26 min
20 – 40