Ontdek 'n transformerende reis van selfontdekking en geestelike groei terwyl jy God beter leer ken. Elke episode bied inspirerende gesprekke, praktiese wenke en persoonlike getuienisse om jou geloofsreis te verdiep.
Weekly
Afrikaans South AfricaChristianity · Religion & SpiritualityAuthored by DJ Muller, Wilmi Wheeler, Ronelda Visser
“Goue tafels, goue stoele en goue vloere kan seker soms geluk beteken, maar nie ’n goue dogtertjie nie.” Só reflekteer prof. Anton van Niekerk oor koning Midas se obsessie met geluk en goud, tot op die dag dat Marygold, sy dogtertjie, ook in goud verander. Prof. Anton het tydens die…
Ouers is superhelde. Hulle kan nie net "multiTASK" nie, maar is sommer ook iets in die lyn van "multiBEINGS". In die loop van 'n dag moet ouers polisiekonstabel, dokter, prokureur, regter, pastoor, finansiële adviseur en onderwyser wees. Realiteit: ouers het konstant 'n hoed op en is iets vir iemand. So…
Twee vroue vertel oor hul ervarings van kwaad wees - één oor ’n ontvoering, en die ander een oor ’n gewapende roof. Esté Gross is ’n rubriekskrywer, sangeres en omroeper by PretoriaFM en bied die middag nuus- en aktualiteitsprogram IMPAK aan. Mariëtte Theart is mede-eienaar van MaWees - 'n platform…
In hierdie episode praat DJ Muller met twee passievolle kenners oor "Ministry of Presence". Ons kyk na die waarde daarvan om by iemand teenwoordig te wees met jou lyf en hoe dit elke mens se roeping is om dit te doen. Ronell Bezuidenhout is 'n predikant met 'n passie vir…
South Africa is one of the countries with the most NPO’s, against the backdrop of terrible social-economic decay… For very long the only way NPO’s approached raising awareness for the organisation, and getting funding, was through trying to impress with statistics, milestones and presentations. Today, we're diving into the heart…
Renosters is vir seker aan die uitsterf, en almal is daarvan bewus. Maar is daar dalk nóg iets wat aan die uitsterf is waarvan ons te min kennis neem? In hierdie episode ondersoek ons die rol van rituele en simbole in die samelewing met dr. Braam Hanekom. Ons kyk na…
Sommige mense gaan dood voor hul sterfdatum… ’n Mens se pad kruis gereeld met iemand wat nog lewe, maar tog in hul binneste eintlik al begin sterf het... iemand wat hul lus vir die lewe heeltemal verloor het. Dit is iemand wat maar net in die lewe dryf, soos ’n…
Ons hoor gereeld dat daar verwys word na dominees, predikant of leraars, maar "brugleraars" is 'n konsep wat selfde in gesprekke opkom. Brugleraars speel 'n besondere rol in gemeentes en het al in diens van God, tot baie gemeentes se redding gekom. Ds. André Agenbag is betrokke by Gemeentebegeleiding op…
Ons gesels in hierdie episode met Ds. Ben Blom van Gansbaai. Hy was amper sy hele bediening in Belfast 'n predikant, en het 'n besondere kennis en passie vir die boek Openbaring. Hy help ons bietjie om te dink oor die vraag of die inhoud van Openbaring ons moet laat…
Josef, Maria en Jesus vertel van hul ervaringe rondom Sy geboorte. Die lastige Romeine en hul ontydige sensus, het Josef warm onder die kraag. Maria is moeg, maar pak met moed die reis Betlehem toe aan, met Josef aan haar sy. Jesus vertel van die geskenk wat Hom die meeste…
Ons gesels met ds. Melanie Thirion, dr. Siegfried Louw en dr. George Roux. Ds. Melanie maak haar hart oop oor haar ervaring met uitbranding in die bediening en dr. Siegfried help ons hierna kyk deur die bril van spiritualiteit. Dr. George Roux is 'n sielkundige met, onder andere, 'n passie…
In hierdie episode gesels Ronelda Visser met Merrishia Singh Naicker, Bianca Truter Botha & Eugene Malan oor geslagsgebaseerde geweld. Ons gesels oor die 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders. Merrishia is 'n verhoudingsterapeut, VGK predikant en koördineerder van die Faith Action Collective. Bianca en Eugene…
Indien jy iemand in jou familie het wat aan Alzheimers of Dementia ly, is hierdie episode net vir jou. Ons gesels ons met Madelein Duvenhage van ADASA oor hoe mens iemand moet hanteer wat aan hierdie siektes ly. Ons vra onder andere of mens 'n Dementie/Alzheimer-lyer se verwronge realiteit moet…
Ons gesels met Dr. Nico Viljoen van Wellington. Hy is ’n leraar by Wellington Moederkerk. Sy liefde vir die Psalms is merkwaardig, en in ons gesprek met hom, kyk ons na hoekom Psalms gesien kan word as ’n Immergroen Reisgenoot, en hoe die Psalms ons kan help om die mistiekheid…
Die Kommunikasie Span van Kaapkerk, Ronelda, Wilmi en DJ, vertel in die breë oor Kaapkerk en die rol van die Kommunikasie Span binne die sinode. Hierdie episode is 'n "pilot" vir die Kaapkerk Podcast. Ons sien uit na nog hope podcasts wat stories vertel, inligting bied en inspireer. Deel gerus…
15 Nov 2023
15 min
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.