Ep. 12 - Jesus met vel aan ("Ministry of Presence")

Loading player...
In hierdie episode praat DJ Muller met twee passievolle kenners oor "Ministry of Presence". Ons kyk na die waarde daarvan om by iemand teenwoordig te wees met jou lyf en hoe dit elke mens se roeping is om dit te doen.

Ronell Bezuidenhout is 'n predikant met 'n passie vir teologie en die vroegste eeue se kerkgeskiedenis. Haar beroepspaadjie het haar van Port Elizabeth tot Groot Brak-rivier gelei, waar sy 'n pos aanvaar het by 'n Lutherse Gemeente. Sy deel haar kennis wyd oor verskeie kontinente deur 'n internetbediening wat in 2020 begin het.

Jacob Meiring is 'n navorser aan die Universiteit van Stellenbosch met 'n fokus op teologiese antropologie. Hy het 'n PhD voltooi oor die belang van die liggaam in betekenisgewing. Hy werk ook as 'n narratiewe teoloog/terapeut met 'n passie vir menslike ervarings.
26 Feb Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Ep. 16 - The Long Haul of Faith: Dr. Rowan Williams on Vocation and Prayer

In this special episode, I sat down with about 9 other people, including Dr. Rowan Williams after a full day of exploring “Faith Formation within the Church for the Life of the World” at the Andrew Murray Centre. Following the main event, Marnus Havenga and Dr. Williams engaged in a…
30 Oct 34 min

Ep. 15 - Die onmoontlike "geluk" - Prof Anton van Niekerk

“Goue tafels, goue stoele en goue vloere kan seker soms geluk beteken, maar nie ’n goue dogtertjie nie.” Só reflekteer prof. Anton van Niekerk oor koning Midas se obsessie met geluk en goud, tot op die dag dat Marygold, sy dogtertjie, ook in goud verander. Prof. Anton het tydens die…
9 Oct 34 min

Ep. 14 - Ouerskap: Lééf in besig wees

Ouers is superhelde. Hulle kan nie net "multiTASK" nie, maar is sommer ook iets in die lyn van "multiBEINGS". In die loop van 'n dag moet ouers polisiekonstabel, dokter, prokureur, regter, pastoor, finansiële adviseur en onderwyser wees. Realiteit: ouers het konstant 'n hoed op en is iets vir iemand. So…
11 Jun 21 min

Ep. 13 - Om gelowig kwaad te wees

Twee vroue vertel oor hul ervarings van kwaad wees - één oor ’n ontvoering, en die ander een oor ’n gewapende roof. Esté Gross is ’n rubriekskrywer, sangeres en omroeper by PretoriaFM en bied die middag nuus- en aktualiteitsprogram IMPAK aan. Mariëtte Theart is mede-eienaar van MaWees - 'n platform…
11 Mar 24 min

Ep. 11 - From Stats to Stories: Revolutionizing Nonprofit Communication (Rain Bennett)

South Africa is one of the countries with the most NPO’s, against the backdrop of terrible social-economic decay… For very long the only way NPO’s approached raising awareness for the organisation, and getting funding, was through trying to impress with statistics, milestones and presentations. Today, we're diving into the heart…
13 Feb 31 min