Lunch Punch: Schalk Bezuidenhout Sing Sleg in Atterbury Kollig

Loading player...
Schalk Bezuidenhout is bekend as ’n vreeslose én skreeusnaakse komediant. Sy videos op Instagram en Facebook is vir tienduisende Suid-Afrikaners die beste lagmedisyne sedert die lockdown begin het. Schalk tree op by die Atterburyteater met ’n splinternuwe vertoning wat Afrikaanse stand-up komedie met vlymskerp oorspronklike liedjies en musiek – oor alles en nog wat – kombineer. Schalk mag dalk koor gesing het op skool en hy was selfs ‘n Kanarie op die silwerdoek, maar die slotsom is: Schalk sing sleg. Schalk deel die verhoog met die talentvolle musikant Wesley van der Westhuizen. O ja, Wesley speel verskeie instrumente, Schalk tree dus nie op met backtracks soos een of ander snotkop met ‘n snor nie. Kom tuit jou ore en lag jouself ’n papie, want Schalk se liedjies sal jou laat mis, eet, slaap, herhaal én skater! Kaartjies deur seatme.co.za
19 Nov 2021 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Route326: Dirk Chase 'hou dit BASIC' in die nuwe jaar

Ons almal praat oor goals, drome en groot planne — maar wat as die antwoord nie méér is nie, maar eenvoud? Dirk Chase spreek hierdie tema aan is sy boek BASIC. In 'n wêreld vol chaos en afleiding, wat as die antwoord op vervulling eenvoudig is... om terug te gaan…
12 Jan 5 min