Stan Potgieter trap 'n spesiale fiets vir PTSS

Loading player...
Johann Els gesels met Stan Potgieter, ‘n man wat verskriklike goed op die grens gesien en ervaar het, en as gevolg daarvan vir lank gely het aan Post Traumatiese Stress Sindroom. Hy gaan nou, van Saterdag 12h00 vanaf die Voortrekker Monument, 2500km ver met ‘n aangepaste fiets ry, terug na die plek waar die goed hom gebreek het, om vir oorlog veterane en PTSS bewustheid te skep, asook vir geweld teen vroue en kinders, wat nog ‘n uitvloeisel van hierdie toestand is.
20 May 2022 12AM English South Africa Christianity · Christianity

Other recent episodes

Ds Janlu Kuyler Ps 3 Vertroue ten spyte van alles

Ons skop die program af met Ds Janlu Kuyler (Dominee van NG Robertson). Hy is weekliks aan die beurt met elke dag waarhede uit die Woord. Vandag se gesprek gaan oor Psalm 3 wat gaan oor vertroue in die Here ten spyte van alles.
29 Sep 10AM 4 min

Marie Joubert oor Youversion in Afrikaans

Johann Els gesels met Marie Joubert,’n Vennootskapsbestuurder by die YouVersion Suid-Afrika-tak, waar sy saam met kerke, bedienings, organisasies en inhoudsvennote werk om YouVersion se missie te bevorder: om mense aan te moedig en uit te daag om elke dag ’n intieme verhouding met God te soek.
22 Sep 10AM 8 min