Spreeklewe - Jy is kosbaar

Loading player...
JESAJA 43
Jy is Myne
1Luister, so sê die Here
wat jou geskep het, Jakob,
wat jou gevorm het, Israel:
Moenie bang wees nie, Ek verlos jou,
Ek het jou op jou naam geroep,
jy is Myne.
2As jy deur water moet gaan, is Ek by jou,
deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie;
as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie,
die vlamme sal jou nie brand nie,
3want Ek is die Here jou God,
die Heilige van Israel, jou Redder.
Ek gee Egipte as losprys vir jou,
Kus en Seba in jou plek.
4Omdat jy vir My kosbaar is,
omdat Ek jou hoog ag en jou liefhet,
gee Ek mense in jou plek,
volke in ruil vir jou lewe.
5Moenie bang wees nie,
Ek is by jou.
Ek bring jou kinders van die ooste af,
Ek maak hulle bymekaar van die weste af,
6Ek sê vir die noorde: Gee!
vir die suide: Moet hulle nie terughou nie!
Bring my seuns van ver af,
my dogters van die uithoeke van die aarde af,
7elkeen wat na my Naam genoem word,
elkeen wat Ek geskep het tot my eer,
wat Ek gevorm het, wat Ek gemaak het.
3 Aug 2022 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Adam onderhoud

Adam het 'n nuwe liedjie! Hulle kuier by Annelie en sing selfs vir haar, haar gunsteling liedjie oor 'n rooikop met haar naam in
10 Apr 28 min

Barto onderhoud

Barto kuier in die ateljee saam met Annelie - Hulle gesels oor sy nuwe enkelsnit Swaartekrag en Annelie sit hom in die "hotseat" met 'n paar eerlike vrae
14 Apr 20 min

Oppinuus - Meta saak

Annelie gesels met advokaat Tanya de Villiers oor die META (Facebook, Instagram, whatsapp en Threads) en Youtube hofsaak wat bevind het die platforms het weggesteek hoe verslawend hul platforms is en dit selfs aangemoedig het.
2 Apr 9 min