Die Bybel Gister En Vandag - Episode 2 - Kersfees

Loading player...
11 Desember 2022
19:00 - 20:00

In hierdie episode kan jy luister na ’n paar feite oor die Bybel, ’n paar vreemde dinge wat in die Bybel voorkom en wat die nuutste nuus in Bybelse en antieke navorsing is. Vanaand se onderwerp is “Waaroor gaan Kersfees regtig? Ons gesels oor die ontstaan van Kersfees, die geboorteplek van Jesus en wat die kern is van die Christusfees wat Christene vandag vier. Kersfees gaan oor Jesus wat mens geword het en onder ons kom woon het. Ons leer ’n paar nuwe griekse woorde ken wat ons help om dieper insig in die konteks van die geboorteverhale te ontdek. Chris en Zander antwoord ook ’n paar luisteraarsvrae aan die einde.
13 Dec 2022 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality

Other recent episodes

Die Bybel Gister En Vandag - Episode 43 – 1 Korintiërs

14 Junie 2026 19:00 - 20:00 Tydens die uur gesels Dr Zander van der Westhuizen en Prof Chris de Wet oor die eerste brief van Korintiërs. Hulle gesels oor die stad Korinte en hoe die Christene in die stad gelyk het. Hulle deel belangrike inligting oor die agtergrond vir die…
14 Jun 34 min

Die Bybel Gister En Vandag - Episode 42 – Die evangelie van Lukas

10 Mei 2026 19:00 - 20:00 Tydens die uur gesels Dr Zander van der Westhuizen en Dr Robert van Niekerk oor antieke tye, die geskiedenis en konteks van die Bybel en wat ons daaruit prakties kan leer vir ons lewens vandag. In hierdie spesifieke episode gesels hulle oor Pinkster en…
11 May 28 min

Die Bybel Gister En Vandag - Episode 41 – Die evangelie van Lukas

12 April 2026 19:00 - 20:00 Tydens die uur gesels Dr Zander van der Westhuizen en Prof Chris de Wet oor antieke tye, die geskiedenis en konteks van die Bybel en wat ons daaruit prakties kan leer vir ons lewens vandag. Luister gerus na hoe die Lukas-evangelie ontstaan het, wie…
13 Apr 33 min

Die Bybel Gister En Vandag - Episode 40 – Die oorlog in Iran

8 Maart 2026 19:00 - 20:00 Tydens die uur gesels Dr Zander van der Westhuizen en Prof Chris de Wet oor antieke tye, die geskiedenis en konteks van die Bybel en wat ons daaruit prakties kan leer vir ons lewens vandag. In hierdie episode spandeer hulle tyd om die geskiedenis…
9 Mar 41 min