Spreeklewe - Moenie oordeel nie

Loading player...
Moenie oor ander oordeel nie
(Luk. 6:37-38,41-42)
1“Moenie oordeel nie, sodat oor julle nie geoordeel word nie; 2met dieselfde oordeel waarmee julle oor ander oordeel, sal oor julle geoordeel word, en met dieselfde maat waarmee julle vir ander meet, sal vir julle gemeet word.
3“Waarom sien jy die splinter raak wat in jou broer se oog is, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? 4Of hoe kan jy vir jou broer sê: ‘Wag, laat ek die splinter uit jou oog uithaal,’ en intussen is daar 'n balk in jou eie oog? 5Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te haal.
7 Feb 2024 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Adam onderhoud

Adam het 'n nuwe liedjie! Hulle kuier by Annelie en sing selfs vir haar, haar gunsteling liedjie oor 'n rooikop met haar naam in
10 Apr 28 min

Barto onderhoud

Barto kuier in die ateljee saam met Annelie - Hulle gesels oor sy nuwe enkelsnit Swaartekrag en Annelie sit hom in die "hotseat" met 'n paar eerlike vrae
14 Apr 20 min

Oppinuus - Meta saak

Annelie gesels met advokaat Tanya de Villiers oor die META (Facebook, Instagram, whatsapp en Threads) en Youtube hofsaak wat bevind het die platforms het weggesteek hoe verslawend hul platforms is en dit selfs aangemoedig het.
2 Apr 9 min