Spreeklewe - Psalm 121

Loading player...
PSALMS 121
My hulp kom van die Here
1'n Pelgrimslied.
Ek kyk op na die berge:
waarvandaan sal daar vir my hulp kom?
2My hulp kom van die Here
wat hemel en aarde gemaak het.
3Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie;
Hy wat jou beskerm, slaap nooit nie.
4Waarlik, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie
en Hy slaap nie.
5Die Here beskerm jou,
die Here bewaar jou van alle gevare.
6Bedags sal die son jou nie steek nie
en snags sal die maan jou nie kwaad doen nie.
7Die Here sal jou beskerm teen alle gevaar,
jou lewe sal Hy beskerm.
8Hy sal jou beskerm waar jy ook gaan,
nou en vir altyd.
24 Apr 2024 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Adam onderhoud

Adam het 'n nuwe liedjie! Hulle kuier by Annelie en sing selfs vir haar, haar gunsteling liedjie oor 'n rooikop met haar naam in
10 Apr 28 min

Barto onderhoud

Barto kuier in die ateljee saam met Annelie - Hulle gesels oor sy nuwe enkelsnit Swaartekrag en Annelie sit hom in die "hotseat" met 'n paar eerlike vrae
14 Apr 20 min

Oppinuus - Meta saak

Annelie gesels met advokaat Tanya de Villiers oor die META (Facebook, Instagram, whatsapp en Threads) en Youtube hofsaak wat bevind het die platforms het weggesteek hoe verslawend hul platforms is en dit selfs aangemoedig het.
2 Apr 9 min