Die impak wat die verlede op ‘n volwasse persoon se lewe kan hê

--:--
Deon en Karin gesels hierdie week oor die impak wat die verlede op ‘n volwasse persoon se lewe kan hê. Karin getuig oor haar eie pa wat vaderloos en armoede groot geword het en deurlopend deur sy lewe nie sy ware identiteit kon vind nie. In hierdie magtelose stryd het hy homself oorgegee aan alkohol. Ongelukkig het sy verslawing en sy emosionele bagasie hulle as gesin baie seer gemaak en die gevolge daarvan het nog bagasie in die kinders se lewens veroorsaak.
29 Jul English South Africa Christianity · Kids & Family

Other recent episodes

Getuienis van Odette Changuion

Die ware getuienis van Odette begin so.... "Ek kom uit 'n gebroke huis. Ek het verslawing en mishandeling op 'n vroeë ouderdom aanskou en beleef. Dit het diep wonde veroorsaak. Die verwerping en waardeloosheid het vinnig posgevat, so ek het liefde, aanvaarding en goedkeuring op al die verkeerde plekke gesoek..."
11 Nov 1 hr 18 min

Geloof in aksie

Vandag gesels Deon en Karin saam met hul gas Rene Changuion oor hoe lyk 'n lewe wanneer daar ware geloof is. Bybelse voorbeelde van Abraham, Moses, Petrus en ander word bespreek en die toets is om introspeksie te hou en jouself te toets in hoe jou lewe getuig van geloof.
4 Nov 1 hr 21 min

Bring die kinders na My toe

Deon en Karin gesels vanoggend oor ouerskap en die aspekte van dissipline en grootmaak van kinders
28 Oct 1 hr 09 min

Waarna moet jy uitkyk indien jy weer iemand in jou lewe wil toelaat?

Soekie gesels vandag saam met ons oor die afsterwe van haar man Johan 5 jaar gelede, hoe haar rouproses gelyk het en hoe sy vorentoe as alleen vrou haar pad moes stap, nuwe paaie en uitdagings op hierdie pad, maar haar liefde vir Jesus dra haar musiek bediening nog steeds…
14 Oct 1 hr 21 min