Trump was mooi opgepas - Geheime Diens

Loading player...
Die Amerikaanse Geheime Diens se waarnemende direkteur, Ronald Rowe, sê die hoogste beskermingsvlakke was ingestel tydens die sluipmoordpoging op oudpresident Donald Trump. Beamptes sê die verdagte, Ryan Wesley Routh, het byna 12 ure lank in die bosse weggekruip voordat Trump Sondag ʼn ongeskeduleerde potjie gholf gaan speel het by sy West Palm Beach-gholfklub in Florida. Routh is intussen aangekla. Rowe sê Trump was buite sig van die gewapende man:
17 Sep 2024 4AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Klaar met skool? Dis nie maanskyn en rose nie...

Die land se meer as 40 000 gewone vlak en amper 10 000 gevorderde vlak leerders het hulle uitslae gekry, en daar was 'n geringe verbetering in die slaagsyfer en die aantal wat kan gaan studeer. Dit beteken egter nie hul toekoms is nou verseker nie, om 'n verskeidenheid redes…
14 Jan 11PM 1 min

Wysiging aan heffing-wet vir eierverkopers

Die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukteraad het 'n wysiging in die pluimveebedryf aangekondig wanneer eiers verkoop word. Indien 'n verkoper kies om die algemene heffings direk aan die raad te betaal in plaas daarvan dat die koper die heffings namens hulle invorder en betaal, sal dit volgens wet toegelaat word. Kosmos 94.1…
14 Jan 11PM 1 min

Unam verleng aansoeke tot 20 Januarie

Unam het aansoeke vir die 2025 akademiese jaar heropen, met die sperdatum op 20 Januarie. Unam se woordvoerder, Simon Namehso, sê die besluit is geneem na die vrystelling van die Nasionale Sertifikaat van Bevoegdheid- en Namibiese Senior Gevorderde Filiaal eksamenuitslae, wat na verwagting sal lei tot 'n toename in toelatingsaansoeke…
14 Jan 10PM 1 min

Kommer oor wanbetaling van pensioengeld deur werkgewers in SA

Cosatu sê hy is bekommerd oor die groot aantal werkgewers wat met werkers se finansiële toekoms speel en steeds nie hul pensioenfondsbydraes oorbetaal nie. Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor sê die aantal werkgewers wat versuim om werknemers se pensioenfondsbydraes te betaal, het vanaf 4 000 tot 7 700 verdubbel…
14 Jan 10PM 1 min

Walvisbaai gaan verpligte taxi-nommerstelsel instel

Die Walvisbaai-munisipaliteit het die implementering van 'n verpligte taxi-nommerstelsel aangekondig om openbare veiligheid en wetstoepassing te verbeter, en beter regulering van vervoerdienste in die munisipale gebied te verseker. Taxi-eienaars moet by die munisipaliteit se verkeerskantoor vir die nommerstelsel registreer. Registrasies sal slegs op Donderdae tussen 8-uur en 12-uur en in…
14 Jan 11AM 1 min