Educon 2024 uiters belangrik vir onderwys in die land
Loading player...
Die Universiteit van Namibië, in samewerking met die onderwysministerie, sal die openingseremonie van die onderwyskonferensie, oftewel Educon 2024, aanbied. Die konferensie vind van vandag tot Donderdag plaas by die Namibiese Instituut vir Publieke Administrasie en Bestuur, Nipam. Dit sal 'n platform bied vir alle onderwysbelanghebbendes om weë en moontlikhede te verken om innoverende, vaardigheidsgebaseerde onderwys vir 'n volhoubare toekoms te bevorder. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die adjunk-uitvoerende direkteur van onderwys, Edda Bohn, wat die belangrikheid van die konferensie beklemtoon.