Kraamdienste in landelike gebiede

--:--
Vroue in afgeleë gebiede in die Kunene-streek, soos Ohajuua en Otjinungua, skenk steeds geboorte by die huis of self in die berge of die veld, want daar is geen moderne kraamfasiliteite naby hulle nie. Ten spyte van hul veerkragtigheid in moeilike toestande, glo hierdie vroue dit is tyd om moderne verlossingsorg te ervaar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Walters Kamaya, die woordvoerder van die gesondheidsministerie, oor watter bystand swanger vroue in sulke nedersettings kan verwag.
18 Oct 2AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Swanger vrou in die sop na sy kaal foto's van radio aanbieder deel

‘n Smetterige bedryf het homself uitgespeel in die Noorde met die 33-jarige Hilia Shikongeni wat gearresteer is na sy kaal foto’s van ‘n bekende en gewilde radio aanbieder gedeel het. Die aanbieder was na bewering in ‘n verhouding met haar man met wie sy vervreem was. Sy is borg van…
18 Oct 6AM 1 min

NamRA se invordering verbeter met 10%

NamRA-kommissaris Sam Shivute het 'n mediakonferensie aangebied om die land op hoogte te hou van sleutelaangeleenthede wat met sy bedrywighede en strategiese prioriteite verband hou. Shivute sê dat inkomste-invordering vanjaar met 10 persent toegeneem het teen September tot 53,1 miljard Namibiese dollar vanaf die vorige boekjaar.
18 Oct 4AM 1 min

ECN weier om te sê oor Ren-Form

Die Namibiese Verkiesingskommissie weier om enige kommentaar te lewer oor die aanstelling van Ren-Form in Johannesburg om die nodige stembriewe vir die 27 November verkiesings te verskaf. Ren-Form is in die middel van ‘n korrupsie skandaal in verband met Zimbabwe se verkiesings waarby miljoene dollar betrek word. In Julie het…
18 Oct 4AM 1 min