Vroue Proteas haal T20 eindstryd

--:--
Suid-Afrika het 'n kragdadige vertoning gelewer om die verdedigende kampioen, Australië, met agt paaltjies in Dubai te klop, en die Vroue T20 Wêreldbeker-eindstryd te haal. Australië het 134 vir vier aangeteken. In antwoord daarop het Anneke Bosch 'n onoorwonne 74 gemoker, terwyl die kaptein Laura Wolvaardt 42 bygevoeg het in 'n tweedepaaltjie-vennootskap van 96. Die Proteas het die doelwit bereik met 16 balle oor. Bosch sê om Australië vir die eerste keer in 'n T20 Wêreldbeker te verslaan, is ongelooflik:
18 Oct 2AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

NamRA se invordering verbeter met 10%

NamRA-kommissaris Sam Shivute het 'n mediakonferensie aangebied om die land op hoogte te hou van sleutelaangeleenthede wat met sy bedrywighede en strategiese prioriteite verband hou. Shivute sê dat inkomste-invordering vanjaar met 10 persent toegeneem het teen September tot 53,1 miljard Namibiese dollar vanaf die vorige boekjaar.
18 Oct 4AM 1 min

ECN weier om te sê oor Ren-Form

Die Namibiese Verkiesingskommissie weier om enige kommentaar te lewer oor die aanstelling van Ren-Form in Johannesburg om die nodige stembriewe vir die 27 November verkiesings te verskaf. Ren-Form is in die middel van ‘n korrupsie skandaal in verband met Zimbabwe se verkiesings waarby miljoene dollar betrek word. In Julie het…
18 Oct 4AM 1 min

Hlope en kie boos oor NVG se Phala Phala besluit

Die MK-party se parlementêre leier, John Hlophe, het die Nasionale Vervolgingsgesag se besluit gekritiseer om niemand in die Phala Phala-aangeleentheid te vervolg nie. Die voormalige spioenbaas Arthur Fraser het 'n saak teen president Cyril Ramaphosa en die voormalige hoof van sy presidensiële beskermingseenheid, Wally Rhoode, geopen. Dit was oor die…
18 Oct 4AM 1 min