Truth Thursdays Ep1: Wat vat dit om 'n gelukkige huwelik te hê? Madeleen Steenkamp verduidelik.

--:--
Pulane Nel Sekepe praat met die kliniese sielkundige, Madeleen Steenkamp, wat al vir meer as 30 jaar in Bloemfontein 'n privaatpraktyk het. Madeleen is gespesialiseerd in verhoudings- en seksterapie en het 'n ryk ervaring in die hantering van die uitdagings wat huwelike in die moderne samelewing in die gesig staar. In hierdie gesprek deel sy insigte oor hoe paartjies hulle huwelike kan verbeter, die belangrikheid van openlike kommunikasie, en die rol van emosionele en fisieke intimiteit in die versterking van 'n gesonde en gelukkige verhouding.
7 Nov 2024 Afrikaans South Africa Leisure · Personal Journals

Other recent episodes

'Compatibility' - Pas ons of pas ons nie?

Wat beteken dit nou eintlik om 'compatible' te wees? Of met iemand rerig te 'pas'? En, hoe belangrik is dit in 'n verhouding of 'n huwelik? Madeleen en Pulane spring in hierdie gesprek in en gesels oor dit wat meer belangrik is; opoffering en onvoorwaardelike aanvaarding.
3 Jul 6 min

Intimiteit in 'n huwelik en die belangrikheid daarvan

Intimiteit in 'n huwelik is baie belangrik en mens het soms vrae wat nie maklik is om te vra nie. Vrae wat antwoorde het wat nie altyd gemaklik is nie, maar wel belangrik en baie nuttig om 'n gesonde intieme verhouding te bevorder. Madeleen gesels op heirde episode daaroor met…
19 Jun 13 min

Vergifnis: 'n Vorm van liefde

Martin Luther King Jr. het gesê: "Vergifnis is nie 'n geleentheidsdaad nie; dit is 'n permanente houding." Vandag gesels Pulane en Madeleen oor verggifnis en hoe dit 'n keuse is en in die einde, 'n besluit om lief te hê.
12 Jun 12 min