Malema slaap lekker oor afvalliges wat polities misluk

--:--
Die EFF-leier, Julius Malema, sê die wete dat nie 'n enkele persoon wat die party die afgelope 11 jaar verlaat het daarna in die politiek geslaag het nie, laat hom lekker slaap. Die EFF het die afgelope paar maande 'n massa-uittog van hoëprofiellede ondervind toe onder andere Floyd Shivambu, Dali Mpofu, Mzwanele Manyi en Busisiwe Mkhwebane die party verlaat het. Malema het op die Hustlers Corner-potsending gesê hy is nie geskok oor al die mense wat besluit het om die party te verlaat nie.
3 Dec 8AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Bokke en whiskey om jou grond te verkoop, verhuur

Die Instituut vir Rasseverhoudinge is besorg omdat landelike grondeienaars se eiendomsreg hulle ontneem word ingevolge die nuwe gewysigde Wet op Gemeenskaplike Eiendomsverenigings. Gabriel Crouse van die IRR sê 470 000 landelike grondeienaars moet nou goedkeuring van die staat kry om hul grond te verhuur of te verkoop, wat ekonomiese vryheid…
4 Dec 3AM 1 min

Ons sal die hof nader - IPC

Imms Nashinge, die woordvoerder van die IPC, het 'n setel in die Nasionale Vergadering bekom na die party 20 setels in die verkiesing gewen het. Dit is 'n beduidende ontwikkeling vir die IPC, wat die party nou die amptelike opposisie maak. Nashinge het met Kosmos 94.1 Nuus as partywoordvoerder gepraat…
4 Dec 2AM 1 min

Wallis se vroue-sokkerspan kwalifiseer vir Europese Kampioenskap

Wallis het vir die eerste groot vroue-toernooi gekwalifiseer. Hulle neem volgende jaar in Switserland deel aan die Europese Kampioenskap nadat hulle Ierland met 2-1 in Dublin geklop het. Hannah Cain en Carrie Jones se doele het aan Wallis ʼn oorwinning besorg ná verlede week se een-elk tuiswedstryd in die eerste…
4 Dec 2AM 1 min

Stigting besin oor sy bystand in 2024

Soos 2024 tot 'n einde kom, besin die Nangula Mbako-stigting, wat fokus op gesondheid, bemagtiging, onderwys, klimaataksie en ramphulp, oor sy prestasies die afgelope jaar. Die stigting beoog om voort te bou op sy suksesse en sy missie om positiewe verandering vir kwesbare bevolkings in Namibië te skep, verder te…
4 Dec 1AM 1 min

Tinubu vra beter ontwikkeling van jeug

Nigerië se president, Bola Tinubu, vra vinniger jeugontwikkeling in Afrika. Hy glo dit moet verder gaan as natuurlike hulpbronne, en moet geleenthede skep in verskeie sektore om die toekoms van Afrika te verseker deur die bemagtiging van sy jongmense. Tinubu het tydens die elfde bi-nasionale kommissie-gesprekke met Suid-Afrika gepraat. Hy…
4 Dec 1AM 1 min