Protea-vroue sien uit na toets teen Engeland
Loading player...
Krieket: Krieket Suid-Afrika het die groep van 15 Protea-vroue aangewys vir hulle eenmalige toets teen Engeland op die Mangaung-ovaal in Bloemfontein vanaf die 15de. Die wedstryd is die eerste tuistoets vir Suid-Afrika sedert Maart 2002. Die snelbouler Tumi Sekhukhune vervang die medium-snelbouler Ayabonga Khaka. Lara Goodall, Ayanda Hlubi en Chloé Tryon is terug in die span nadat hulle die vorige toets teen Indië misgeloop het. Hoofafrigter Mandla Mashimbyi glo dit is ‘n uitstekende geleentheid om te leer.