Olie en gas: Bedryfsbeginsels is kritiek

Loading player...
Namibië se olie- en gassektor beleef 'n transformerende tydperk na die ontdekking van beduidende hulpbronne in die Oranjekom. Dit het die potensiaal om die land se ekonomie aansienlik te bevorder, werk te skep en burgers se algehele lewenstandaard te verbeter. Verantwoordelike hulpbronbestuur en omgewingsvolhoubaarheid sal egter deurslaggewend wees om die langtermynvoordele van hierdie ontdekkings te verseker. Myne en energie-minister Tom Alweendo het nie vanjaar Swapo se parlementêre lys gehaal nie, dus kan sy termyn as minister dalk eindig. Alweendo het teenoor bedryfsleiers die belangrikheid van vasgestelde bedryfsbeginsels uitgelig, maak nie saak wie minister is nie.
1 Jan 5AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Namcor sê oor belange in PEL 90

QatarEnergy het 'n belang van 27,5 persent in PEL 90 verkry, geassosieer met Blok 2813B, wat deur die Chevron filiaal Harmattan Energy Limited bedryf word. Ná die verkryging sal die lisensie-eienaars Chevron Harmattan wees met 'n belang van 52,5 persent, QatarEnergy met 27,5 persent, Namcor met 10 persent, en Trago…
4 Jan 2AM 1 min

Yi se besoek het strategiese belange

Die besoek van môre tot Dinsdag deur Wang Yi, die Chinese minister van buitelandse sake is ‘n strategiese skuif, veral met die wêreld, en plaaslike, se veranderende politiek. Yi kom môre in die land aan en is geskeduleer om samesprekings met verkose president, Netumbo Nandi-Ndaitwah, in Windhoek te voer en…
4 Jan 12AM 1 min

Swaar reënval soos vakansiegangers huiswaarts reis

Daar is goeie neerslae regoor die land aangemeld en riviere loop steeds by Okahandja, Omaruru en selfs die Kahn verder wes, het geloop. Goeie reën word vandag verder Suid verwag. In Suid-Afrika waarsku die Weerdiens ook oor wydverspreide buie en donderbuie oor die sentrale en oostelike streke van die land…
4 Jan 12AM 1 min

Graad 12's moet ondersteun word, ongeag uitslae

Nes plaaslik, is daar beroepe in die buurland om graad 12’s te ondersteun met uitslae wat binnekort bekend gemaak word. Die buurland se onderwysaktivis Hendrick Makaneta sê elke graad 12-leerder moet in hierdie deurslaggewende wagtydperk ondersteun te word. Hy sê ongeag die uitkoms, is dit reeds 'n prestasie om matriek…
3 Jan 11PM 1 min

Koebaai aan Jhb BBP-eenhede

Die Suid-Gautengse Hooggeregshof het Johannesburg se BBP-sekerheidsbeleid ongrondwetlik en onwettig verklaar. Die beleid, wat persoonlike beskermingsdienste na senior munisipale amptenare sonder 'n vereiste bedreigingsbepaling uitgebrei het, is deur die DA betwis. Regter Stuart Wilson het die uitspraak vir ses weke opgeskort, om partye wat geraak is toe te laat om…
3 Jan 3AM 1 min