Alicia en Claudia: Die sussies van Bloemfontein oorleef Klein Paradys.

--:--
Ses pare gaan 25 dae lank eet, slaap, bou en herhaal om mikro-wonings van 21 m² in die Elgin-vallei in luukse wegbreekhutte te omskep, Klein paradys om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). In Klein Paradys gaan ses mededingende spanne wat uit twee persone bestaan wat mekaar reeds ken, elk ’n mikro-woning opknap en stileer in ’n poging om R1 miljoen te wen. Die mikro-wonings wat vir die reeks omskep word, moet vyfster-akkommodasie aan voornemende gaste bied.
29 Jan 12PM English South Africa Leisure · Music

Other recent episodes

Tina Kruger gesels alles Silwerskermfees 2025: Waar stories en talent ontmoet

Silwerskermfees 2025: ’n Viering van Afrikaanse film, nuwe talent en storievertelling. Die fees bied ’n samevoeging van kort- en vollengte films, meesterklasse, paneelbesprekings en werkswinkels om filmmakers te ondersteun en te leer. Hoogtepunte sluit die Silwermark, waar konsepte aan kykNET en Showmax voorgelê kan word, en die Silwerskermtoekennings, waar die…
25 Jun 1PM 8 min

Arno Greeff maak nuus op kykNET se Die Nuusmakers!

Arno Greeff speel ’n kragtige rol in kykNET se Die nuusmakers, een van die vele passievolle karakters wat die turbulensie van joernalistiek en persoonlike opofferinge in ’n nasionale krisis verken. ‘n Inspirerende blik op moed, deernis en die pad van ’n nuusleier in ’n moeilike tyd. Moenie Die nuusmakers misloop…
28 May 1PM 7 min