Bizskoops - 13 Maart 2025

Loading player...
Ons het vandag 'n baie spesiale program.

# Eerstens kyk ons na die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se begrotingsrede.
# Die Ekonoom, professor Waldo Krugell, sal ook vir ons sy terugvoer gee oor die toespraak.
# Daarna loer ons in by die tweede Cape Winelands Knowledge Sharing fees wat vroeër hierdie week in die Paarl plaasgevind het.
Die geleentheid het byna uitsluitlik gefokus op werkloosheid onder die jeug en die rol wat Kunsmatige Intelligensie kan speel om hierdie maatskaplike euwel te help verlig.
Newskoop het die geleentheid bygewoon en ons het van bedryfsleiers soos die visepresident van LinkedIn, Seamus Clancy, gehoor oor hoe gemeenskapsradiostasies LinkedIn as 'n instrument kan gebruik om hul gehoor te bereik en by te dra om werkloosheid in hul gemeenskappe aan te spreek.
# Ons het ook gesels met die Direkteur van Digitale Leeroplossings van SpecCon Consulting, Hermias Niewoudt. Hermias vertel meer oor hoe hul digitale platforms kortkursusse aan werklose jeugdiges regoor die land beskikbaar stel teen die fraksie van die prys van ander aanlynkursusse.
# Ons het ook daarin geslaag om in gesprek te tree met professor Liz Archer van die Universiteit van Wes-Kaapland. Professor Archer is 'n spesialis op die gebied van KI in hoër onderwys en sy het 'n paar wenke met die jonger generasie gedeel oor hoe om voor te berei vir die wêreld van werk en hoe om meer indiensneembaar te word.
13 Mar Afrikaans South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Bizskoops - 4 Desember 2025

Is jy gereed vir die nuutste sakenuus, plaaslik en internasionaal, op hierdie week se Bizskoops? Op hierdie week se Bizskoops het ons belangrike ekonomiese tendense ondersoek wat Afrika en Suid-Afrika se unieke posisie vorm. Ons het afgeskop met insigte van Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding, wat sy sienings…
3 Dec 11 min

Bizskoops - 27 November 2025

Op die program vandag... # Suid-Afrika mag binnekort nuwe belasting op aanlyn dobbelary instel # Die regering gaan voort met 'n nuwe strategie om handel te diversifiseer # Die ekonoom Waldo Krugell praat oor die ekonomie van Swart Vrydag # In internasionale sakenuus… Kanada se eerste minister is nie haastig…
27 Nov 9 min

Bizskoops - 20 November 2025

Op die program vandag... # Suid-Afrika se kredietgraderings het verlede week 'n beduidende positiewe ontwikkeling gesien # Inflasie styg met nul-komma-een persent maand-tot-maand # Die ekonoom Waldo Krugell praat ook oor goeie nuus in terme van die land se ekonomie die afgelope week. # In internasionale sakenuus… Regter beslis Meta…
20 Nov 13 min

Bizskoops - 13 November 2025

Op die program vandag... # Ons fokus op vanmiddag se mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring # Statistiek Suid-Afrika het 'n verbetering in die land se werkloosheidsyfer gerapporteer # Die ekonoom Waldo Krugell praat ook oor vanmiddag se mini-begroting # In internasionale sakenuus… Asiatiese aandele het beduidende buitelandse uitvloei in die eerste week van hierdie…
13 Nov 9 min

Bizskoops - 06 November 2025

Op die program vandag... # Suid-Afrika kan 'n kredietgraderingsopgradering van S&P ontvang. # Die Chinese motorvervaardiger Changan het amptelik die Suid-Afrikaanse mark betree. # Die ekonoom Waldo Krugell praat ook oor hoekom dit goeie nuus is dat Suid-Afrika van die gevreesde gryslys verwyder is. # In internasionale sakenuus… Asië aandele…
6 Nov 9 min