#GROOTtrauma - 2 April

--:--
Hierdie week op #GROOTtrauma bring Venita en Dr. Jaco van Niekerk vir jou ‘n propvol program vol mediese insigte en interessante gesprekke!
-Ons begin met ‘n mediese vasvra – weet jy wat die normale liggaamstemperatuur vir ‘n gesonde volwassene is?
-Daar is BAIE goeie nuus vir sangeres Tamlyn Wessels – haar mediese fonds het die wondermiddel TRIKAFTA goedgekeur. Dr. Jaco brei meer uit oor hierdie “miricle drug”.
-‘n Belangrike waarskuwing van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes – gevalle van witseerkeel neem landwyd toe. ‘n Nuwe studie wys dat ‘n lemoen per dag depressie kan weghou! Ons gesels oor hoe dit moontlik is en of dit ‘n impak het op mense wat reeds antidepressante gebruik.
-In ‘n eksklusiewe onderhoud praat ons met Prof. Berend Mets, ‘n spesialis in narkose. Hy deel sy kennis oor hierdie belangrike mediese veld en sy betrokkenheid in ander areas van gesondheidsorg.
-Dr. Jaco se wenk van die week – ‘n slim gesondheidswenk om jou gesond en sterk te hou!
2 Apr Afrikaans South Africa News Commentary · Documentary

Other recent episodes

#GrootTrauma - 4 Junie

>Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor: >Mediese vasvra: Watter been is die langste in die menslike liggaam? >Koffie red vrouens gedurende hulle eksistensiële krisis. >Geen geregistreerde Gordelroos entstof beskikbaar in Suid-Afrika nie >Charlene van Jakaranda Kinderuis kom gesels as deel van kinderbeskermingsweek oor die…
4 Jun 39 min

#GROOTtrauma – 28 Mei

As deel van GROOTfm 90.5 se #GEEweek het Venita en Dr Jaco gedurende #GROOTtrauma gesels met Angelique en Lourens Janse van Vuuren oor die #GROOTverskil wat Kairos in hulle lewens gemaak het. Toe Venita vir Angelique vra wat sy vir haar jonger self sou sê, toe antwoord Angelique; ‘Moet niks…
28 May 48 min

#GROOTtrauma - 30 April

Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor: Mediese vasvra: Wat is die meer algemene naam vir die limfatiese weefsels aan weerskante van die agterkant van jou keel? Griepseisoen tref vroeg: Die 2025-griepseisoen is die vroegste sedert 2010. Wat beteken dit vir jou gesondheid? Dr. Jaco…
30 Apr 43 min

#GROOTtrauma - 23 April

Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor: Mediese vasvra: Hoeveel keer klop ’n mens se hart in jou leeftyd? GROOT Oepsie in die Noord-Kaap: Die provinsiale gesondheidsdepartement het versuim om hul lisensie vir medikasie te hernu – wat beteken dit vir pasiënte wat afhanklik is…
23 Apr 37 min

#GROOTtrauma - 8 April

#GROOTtrauma - Hierdie Week gesels Venita en dr. Jaco van Niekerk: 🔹 Mediese vasvra: Wat is die funksie van rooibloedselle? 🔹 MIV-genesingsnuus: Suid-Afrikaanse wetenskaplikes het baanbrekende resultate uit ‘n nuwe MIV-genesingsproef aangekondig. Ons bespreek wat dit beteken vir die toekoms van behandeling – en hoe Amerikaanse fondsbesnoeiings hierdie navorsing raak…
8 Apr 38 min