Toerbroers, neem jou saam op ‘n opwindende reis in hul nuwe reeks, Toerbroers: Jou Toekoms

Loading player...
Andries Hendrik Potgieter en Wiaan Fourie, bekend as die Toerbroers, neem jou saam op ‘n opwindende reis in hul nuwe reeks, Toerbroers: Jou Toekoms, wat op 3 April om 17:30 op kykNET begin!

Hierdie unieke projek bied 'n platform aan 45 jong matrieks — die “joggies” — om hul droom in die toerismebedryf te verwirklik. Sien hoe hulle oor 13 episodes leer, groei en met elke uitdaging 'n stap nader aan 'n splinternuwe toekoms beweeg.

Met opvoedkundige geleenthede, praktiese ondervinding en verrassings aan die orde van die dag, bied hierdie reeks nie net vermaak nie, maar help dit ook om 'n positiewe verskil in jong mense se lewens te maak.

Volg die journey en laat jou inspirasie floreer!

Toerbroers: Jou toekoms begin op Donderdag 3 April om 17:30 op kykNET (DStv-kanaal 144)
9 Apr 2025 1PM English South Africa Leisure · Music

Other recent episodes

Twee geliefde gesigte groet Diepe Waters: Jean Henry en Altus Theart se laaste draaie

Hierdie week neem twee bekende Boskruin-inwoners afskeid. Jean Henry (Arno) maak Woensdag 23 September sy finale verskyning, terwyl Altus Theart (Rossouw) Donderdag 24 September sy laaste buiging maak. Albei karakters verlaat die dorp onder heel verskillende omstandighede, Arno ná die ineenstorting van sy huwelik met Karla, en Rossouw wat die…
23 Sep 1PM 21 min

Morné Visser sluit aan by Skemergrond maar kan jy hom vertrou?

Morné Visser bekend vir Summertide, Spooksoeker en Straat, betree Skemergrond as Rynard Fuchs 'n sjarmante sakeman met 'n geheim. Hy is 'n man wat kry wat hy wil hê, maar waarsku self: " 'n Slang moet nou en dan sy vel afgooi." Vir Morné is dit 'n nuwe uitdaging, sy…
16 Sep 1PM 6 min

Tracey-Lee Oliver tree vir die laaste keer in Pam se skoene op.

Tracey-Lee Oliver wat Pam in Diepe Waters gespeel het gesels oor die karakter wat hierdie week na ’n tragiese skietvoorval tot ’n einde gekom het. Sy deel hoe Pam op die regte tyd in haar lewe gekom het en wat sy oor die jare geleer het van Zelda se "loskop"…
2 Sep 1PM 14 min

Diep Gesels met Sandi Schultz oor Diepe Waters en haar Silwerskerm benoeming

Sy het dit amptelik gemaak! Sandi Schultz het vanjaar haar heel eerste toekening vir haar toneelspel in haar hele loopbaan losgeslaan by die 14de kykNET Silwerskermfees, vir haar rol as Zelda Joubert in die telenovela Diepe Waters na 'n benoeming verlede jaar en 'n tweede een vanjaar. Sy gesels met…
26 Aug 1PM 10 min