Woord vir Vandag - 14 April 2025

--:--
“Al maak hy my dood, ek sal op hom vertrou…” Job 13:15 Kontemporêre Afrikaanse Bybel (KAB)
Hou aan om God te vertrou
Die verhaal van Job lees as volg: In die eerste hoofstuk is hy een van die rykste mans van sy generasie. In die tweede hoofstuk verloor hy alles, insluitend sy rykdom, sy gesondheid en sy kinders. Teen hoofstuk 42 is hy weer op die boonste sport van die leer. Sal jy nie graag wil weet wat van die derde hoofstuk tot die 41ste hoofstuk plaasgevind het nie? Indien wel, moet jy die boek van Job lees en uitvind hoe hy alles gehad het, dit alles verloor het, alles teruggekry het en met twee keer meer as wat hy gehad het, opgeëindig het. Het Job onbeantwoorde vrae gehad? Baie daarvan. Het hy smart beleef? Ja, op ‘n skaal wat moeilik is om jou dit in te dink. Job het egter nooit sy mening oor God verander nie en God het nooit sy mening oor Job verander nie. Hierdie Skrifgedeelte som Job se houding die beste op: ‘Al maak hy my dood, ek sal op hom vertrou…’ As jy tans op ‘n plek vasgevang is wat jy nie verstaan nie, moenie tou opgooi nie. Wanneer jy nie jou omstandighede verstaan nie en dit voel of dit meer is as wat jy kan hanteer, staan op hierdie wonderlike Bybelse belofte: ‘U bewaar elkeen wat op U vertrou in vrede, die mense wie se gedagtes op U gerig is. Vertrou deurgaans op die Here, want die Here God is vir altyd ‘n veilige toevlug’ (Jesaja 26:3-4 NLV). Die woord vir jou vandag is dus – hou aan om op God te vertrou en Hy sal jou daardeur bring.
14 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 25 May 2025

“Love never gives up, never loses faith, is always hopeful, and endures through every circumstance.” 1 Corinthians 13:7 NLT Don’t let a wall build up between you. An unknown author wrote these poignant words: “Their wedding picture mocked them from the table, these two whose minds no longer touched each…
24 May 3 min

Word for Today - 24 May 2025

“The twenty-four elders fall down before Him…and cast their crowns before the throne.” Revelation 4:10 NKJV Give God all the glory When we try to impress the people, we consider to be important, we become trophy collectors. “I’m more important because I know this famous person” is how our thinking…
23 May 2 min

Woord vir Vandag - 25 Mei 2025

“Die liefde bly stil oor ander se foute, dit bly steeds vertrou, dit hou aan met hoop, dit verduur alles.” 1 Korintiërs 13:7 NLV Moenie toelaat dat ‘n muur tussen julle gebou word nie ’n Onbekende skrywer het hierdie aangrypende woorde geskryf: ‘Hul troufoto het hulle van die rak af…
24 May 3 min

Woord vir Vandag - 24 Mei 2025

“val die 24 ouderlinge in aanbidding voor Hom… neer… en sit hulle krone voor die troon neer…” Openbaring 4:10 NLV Gee God al die heerlikheid Wanneer ons mense wat ons belangrik ag probeer beïndruk, word ons trofeëversamelaars. Ons dink: ‘Ek is belangriker omdat ek hierdie bekende mens ken.’ Allerhande objekte…
23 May 2 min

Word for Today - 23 May 2025

“The mouth speaks what the heart is full of.” Luke 6:45 NIV Always agree with God’s Word Do you think of yourself as a person who has faith in God? Do your thoughts and words reflect that? We can deceive ourselves into thinking we have great faith, but if challenges…
22 May 2 min