Onthou om bloed te skenk op Red Saturday!

--:--
Die Paasnaweek met sy verhoogde padongelukke is om die draai, en die Namibiese Bloedoortappingsdiens hou môre sy landswye Red Saturday-veldtog om sy bloedbank aan te vul. Skenkings sal in verskeie sentrums regoor die land gemaak kan word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Zita Tobin, die diens se bemarkingshoof, wat meer inligting gee.
11 Apr 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Eletroniese afval word 'n bekommernis

Volgens die jongste nasionale e-afvalmonitor belemmer Namibië se beperkte kapasiteit om e-afval te monitor die vordering na 'n volhoubare, sirkulêre ekonomie. 'n Konsep nasionale beleid oor die bestuur van afval-elektriese en elektroniese toerusting is versoek. Die navorsing identifiseer uitdagings in e-afvalbestuur, soos 'n gebrek aan kwantifiseringsmetodologie en wetgewende prosesse. Kosmos…
21 May 4AM 1 min

Elon Musk sê Starlink nie in SA toegelaat omdat hy wit is

Die miljardêr Elon Musk het Suid-Afrika se wette oor swart ekonomiese bemagtiging gekritiseer. Hy sê die Starlink-internetdiens word nie in die land toegelaat nie omdat hy wit is. Om in Suid-Afrika gebruik te word, moet Starlink netwerk- en dienslisensies kry, wat albei 30-persent eienaarskap deur voorheen benadeelde groepe vereis. Die…
21 May 4AM 1 min

SA vorder met minerale-strategie, nuwe hulpbronnewet

Die minister van Minerale en Petroleumbronne, Gwede Mantashe, het die Kabinet se goedkeuring van die kritieke minerale en metale-strategie aangekondig, asook die publikasie van die 2025 Wet op Minerale en Petroleum Hulpbronontwikkeling vir openbare kommentaar. Mantashe het op 'n nuuskonferensie gesê die strategie gee voorrang aan minerale soos platinum, mangaan…
21 May 3AM 1 min

VN sê kos vir Gaza nog nie versprei nie

Die Verenigde Nasies sê geen hulp is nog in Gaza versprei nie, ondanks vragmotors met onder meer meel, babakos, mediese toerusting en farmaseutiese medisyne, wat die grens begin oorsteek het. Die Israelse premier Benjamin Netanyahu het Sondag die elf weke lange versperring opgehef, wat 'n basiese hoeveelheid voedsel toelaat om…
21 May 3AM 1 min

Beroepsveiligheid 'sal sake-doeltreffendheid verbeter'

'n Twee-dae werkswinkel om die wetsontwerp op beroepsveiligheid en gesondheid te verfyn het in Windhoek afgeskop. Die wetsontwerp sal dien as die ruggraat van die land se pogings om veiliger werkplekke en gesonde kulture te bevorder, en almal verantwoordelik te hou vir hul rol in die bevordering van veiligheid in…
21 May 2AM 1 min