SA vorder met minerale-strategie, nuwe hulpbronnewet

--:--
Die minister van Minerale en Petroleumbronne, Gwede Mantashe, het die Kabinet se goedkeuring van die kritieke minerale en metale-strategie aangekondig, asook die publikasie van die 2025 Wet op Minerale en Petroleum Hulpbronontwikkeling vir openbare kommentaar. Mantashe het op 'n nuuskonferensie gesê die strategie gee voorrang aan minerale soos platinum, mangaan en ystererts, terwyl die wetsontwerp poog om mynbouregulasies te stroomlyn en ambags- en kleinskaalse mynbedrywighede te formaliseer:
21 May 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ysige weer op pad; beskerm jou tuin só

Daar word erge koue vir laat volgende week voorspel weens 'n sterk kouefront wat op pad is. Ligte sneeu kan ook moontlik in die Suide val. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Emilie Abraham, die Namibiese Akkerbouraad se bestuurder van tuinbou-ontwikkeling, wat raad het vir boere om hul plante teen…
22 Jun 2AM 1 min

Airlink Pumas goeie leerskool vir Welwitschias

Namibië se Welwitschias het Saterdagmiddag voor die golf van die gedugte Airlink Pumas in die Hage Geingob Stadion in Windhoek geswik. Die Pumas het dié vriendskaplike wedstryd met 59-19 gewen. Onderkaptein Danco Burger sê daar was meer positiewes as negatiewes in die wedstryd en dat die Welwitschias op die regte…
22 Jun 1AM 1 min

Amerika val kernterreine in Iran aan

Amerika het Saterdag ‘n reuse-lugaanval met B-2-bomwerpers op Iran se drie vernaamste kernterreine, Fordow, Natanz en Isfahan geloods. Iran het voorheen belowe om terug te slaan as die VSA by Israel se aanval aansluit, maar daar was geen amptelike verklaring deur Teheran se leiers sedert die VSA-aanval nie. Intussen het…
22 Jun 12AM 1 min

NamWater raadop met kabeldiewe

Hentiesbaai het weer deurgeloop onder 'n wateronderbreking as gevolg van die vandalisme van 13 Erongo RED-kragpale en diefstal van koperkabels op 16 Junie, wat die krag na die Omdel-boorgate afgesny het. Uis is ook geraak deur 'n aparte kabeldiefstal, met sy reservoir op 40 persent en watertenkwaens wat ontplooi is…
21 Jun 6AM 1 min