
Ysige weer op pad; beskerm jou tuin só
--:--
Daar word erge koue vir laat volgende week voorspel weens 'n sterk kouefront wat op pad is. Ligte sneeu kan ook moontlik in die Suide val. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Emilie Abraham, die Namibiese Akkerbouraad se bestuurder van tuinbou-ontwikkeling, wat raad het vir boere om hul plante teen ryp te beskerm.