Elon Musk sê Starlink nie in SA toegelaat omdat hy wit is

--:--
Die miljardêr Elon Musk het Suid-Afrika se wette oor swart ekonomiese bemagtiging gekritiseer. Hy sê die Starlink-internetdiens word nie in die land toegelaat nie omdat hy wit is. Om in Suid-Afrika gebruik te word, moet Starlink netwerk- en dienslisensies kry, wat albei 30-persent eienaarskap deur voorheen benadeelde groepe vereis. Die regering wil volgens berigte die SEB-wette omseil om Starlink in die land toe te laat. Musk het by die Katar Ekonomiese Forum gesê die wette is rassisties en onvanpas:
21 May 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hyphen sit nasionale vaardigheidsdatabasis voort

Hyphen Hydrogen Energy het vroeër vanjaar ‘n vaardigheidsensus van stapel gestuur ter ondersteuning van Namibië se eerste grootskaalse groenwaterstofprojek. Namibiërs kan sodoende hul vaardighede en dokumente op ‘n nasionale databasis vir werksoekers insluit. Die sensus gaan die plaaslike talent identifiseer, die gereedheid van die arbeidsmag bepaal, asook riglyne vir toekomstige…
4 Jun 4AM 1 min

eThekwini berei voor vir die 98ste Comrades

Die eThekwini-munisipaliteit sê hy is druk besig om gereed te maak vir die 98ste Comrades-marathon, wat een van die grootste sportgeleenthede op die Suid-Afrikaanse kalender is. Meer as 80 nasies word Sondag verteenwoordig wanneer die 89 kilometer van Pietermaritzburg na Durban aangedurf word. Die munisipaliteit se woordvoerder, Gugu Sisilana, sê…
4 Jun 4AM 1 min

Meer geld by Gauteng-begroting sal nie verskil aan dienslewering maak nie

Die DA in Gauteng sê die 886,6 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat by die provinsiale begroting gevoeg is, sal nie ʼn beduidende verskil maak aan dienslewering en inwoners se lewensgehalte nie. Die LUR vir Finansies en Ekonomiese Ontwikkeling, Lebogang Maile, het die provinsiale begroting vir die 2025/2026-boekjaar opnuut voorgelê nadat veranderinge…
4 Jun 3AM 1 min

Musk sê Trump se 'big, beautiful bill' is 'n gruwel

Die miljardêr Elon Musk het president Donald Trump se belasting- en bestedingswetsontwerp gekritiseer en dit verregaande en ʼn gruwel genoem. Die wetsontwerp wat triljoene Amerikaanse dollar se belastingverligting insluit, is verlede maand in die Huis van Verteenwoordigers aanvaar. Musk, wat die Trump-administrasie verlede week verlaat het, sê die Kongres maak…
4 Jun 3AM 1 min

Starlink is digitale imperialisme - ATM

Die African Transformation Movement eis 'n onmiddellike verbod op Elon Musk se onderneming, die Starlink-satellietdiens, en sê dit word onwettig in Suid-Afrika bedryf. Die ATM kritiseer die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid se versuim om op te tree en noem Starlink se bedrywighede 'n bedreiging vir nasionale soewereiniteit. ATM se woordvoerder, Zama Ntshona,…
4 Jun 2AM 1 min