Haweloses in stadions gaan hervestig word

--:--
Die nuwe Khomas-goewerneur, Sam Shafiishuna Nujoma, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die haweloses wat in Maart 2020 by die stadions in Khomasdal en Katutura gevestig is. Sedertdien het getalle toegeneem en meer en meer mense het daar ingetrek, insluitend lede van die verre noordweste se Himba-stamme. Na Nujoma en die adjunk-lynminister Dino Ballotti die stadions besoek het, sal die mense hervestig word. Nujoma verduidelik.
17 Apr 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Monitor jeugfonds, veral teen korrupsie: Nanso

Die kabinet het die raamwerk vir 'n jeugfonds om entrepreneurskap te ondersteun, aanvaar. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry by Dorothea Nangolo, die president van die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, wat sê die fonds moet gemonitor word vir deeglike implementering en teen korrupsie.
27 Jun 11AM 1 min

Cyril verwerp DA se ultimatum oor Whitfield-afdanking

President Cyril Ramaphosa sê hy sal nie swig voor dreigemente of ultimatums oor sy grondwetlike magte om lede van die uitvoerende gesag aan te stel of te verwyder nie. Dit volg nadat Andrew Whitfield van die DA verwyder is as adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging omdat hy sonder presidensiële…
27 Jun 11AM 1 min

Rhino Mama-projek boer vooruit, het oorvloed voer

Dinge loop baie goed by die Rhino Mama-projek en dit is die eerste keer in baie jare dat hulle glad nie hoef te voer nie. Jaco Muller van die projek sê dit sal eers weer in Oktober nodig wees om voer te voorsien. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
27 Jun 10AM 1 min

Verdedigingminister het self nog nie August 26-ouditverslag gesien

PDM-leier McHenry Venaani het tydens die vraag-en-antwoord sessie na president Netumbo Nandi-Ndaitwah se staatsrede na haar aangekondigde stryd teen korrupsie verwys. Hy wou weet wanneer die verslag oor die oudit van August 26 Holding Company se boeke vrygestel gaan word. Die vraag was aan eerste minister Eljiah Ngurare gerig, wat…
27 Jun 10AM 1 min