
Monitor jeugfonds, veral teen korrupsie: Nanso
--:--
Die kabinet het die raamwerk vir 'n jeugfonds om entrepreneurskap te ondersteun, aanvaar. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry by Dorothea Nangolo, die president van die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, wat sê die fonds moet gemonitor word vir deeglike implementering en teen korrupsie.