Nuwe Erongo-streekraadvoorsitter sit prioriteite uiteen

--:--
Die nuutverkose voorsitter van die Erongo-streekraad, Donatus Tegako, het belowe om politieke onenigheid onder raadslede aan te pak en dienslewering te prioritiseer. Tegako, wat Benita Imbamba vervang het ná 'n mosie van wantroue in haar, het belowe om alle raadslede te ondersteun, en die implementering van ontwikkelingsprojekte aan te jaag. Hy sal ook kwessies soos werkloosheid, swak infrastruktuur en die behoeftes van gemarginaliseerde gemeenskappe aanspreek.
17 Apr 12PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Brandstofprys sal waarskynlik styg

Wêreld-oliepryse het in Junie gestyg as gevolg van die toenemende konflik in die Midde-Ooste. In onlangse weke het veral die koste van diesel raffinering skerp gestyg. Gevolglik sal Namibië waarskynlik onderverhalings in plaaslike brandstofpryse vir Julie in die gesig staar, wat beteken 'n moontlike styging in brandstofpryse. Kosmos 94.1 Nuus…
24 Jun 12AM 1 min

Brandseisoen is hier, maak so op jou grond

Die droë wintermaande is tradisioneel 'n tyd wanneer veldbrande gereeld voorkom. Kundiges waarsku al lank dat hierdie brand-seisoen baie skade kan aanrig, weens die welige veld na die somer se goeie reënval. Die groot vuur wat tussen Khorixas en Sorris Sorris woed het volgens berigte gistermiddag reeds meer as 3…
24 Jun 12AM 1 min

Grondwetlike hersieningskomitee kyk nog na onteiening sonder vergoeding

Die Gesamentlike Grondwetlike Hersieningskomitee het 'n voorstel verwerp om Swahili 'n amptelike taal te maak, en sê dis 'n beleidsaangeleentheid en nie 'n grondwetlike wysiging nie. Die voorstel om alle Hoofstuk 9-instellings in een liggaam saam te smelt, is ook verwerp. Die komitee het bevind hierdie nalatenskapvoorstelle uit 2023 val…
23 Jun 11PM 1 min

Iran teiken VSA-basis in Katar, Trump kondig skietstilstand aan

Iran het Maandagaand missiele gelanseer na Amerika se Al Udeid lugmagbasis naby Doha in Katar. Iran sê dit was in weerwraak vir Amerika se aanvalle op sy kern-fasiliteite. Dit is nie duidelik of enige van die missiele die basis getref het nie. Die regering van Katar sê niemand is gewond…
23 Jun 11PM 1 min