Grondwetlike hersieningskomitee kyk nog na onteiening sonder vergoeding

--:--
Die Gesamentlike Grondwetlike Hersieningskomitee het 'n voorstel verwerp om Swahili 'n amptelike taal te maak, en sê dis 'n beleidsaangeleentheid en nie 'n grondwetlike wysiging nie. Die voorstel om alle Hoofstuk 9-instellings in een liggaam saam te smelt, is ook verwerp. Die komitee het bevind hierdie nalatenskapvoorstelle uit 2023 val buite die komitee se grondwetlike mandaat. Komiteelid Sibonelo Nomvalo sê die wysiging van Artikel 25 om grondonteiening sonder vergoeding toe te laat, word steeds oorweeg:
23 Jun 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Demonstrasie teen Stad Windhoek op 28 Julie

Gemeenskapsaktivis Shaun Gariseb het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die uitdagings wat hulle ervaar met Stad Windhoek, veral met rekenings en ander bestuurskwessies. Hy verduidelik.
9 Jul 3AM 1 min

Vrywillige mag in Nigerië afgemaai

'n Gewapende bende het 'n groep mans naby die dorpie Kukawa in Nigerië se Plateau-staat aangeval en minstens 50 mense doodgemaak. Die slagoffers was lede van 'n vrywillige mag wat in die lewe geroep is om dorpenaars teen strooptogte te beskerm. Die BBC se Afrika-korrespondent, Will Ross, verduidelik.
9 Jul 3AM 1 min

VW, Volvo en Toyota herroep modelle

Die Nasionale Verbruikerskommissie sê Volkswagen, Volvo en Toyota herroep sekere voertuie as gevolg van veiligheidskwessies. Volkswagen herroep Golf 8 modelle as gevolg van 'n fout met 'n sitplekgordel wat beserings in 'n botsing kan veroorsaak. Volvo herroep sekere XC90 hibriede-voertuie vir 'n remprobleem teen afdraandes. Phetho Ntaba van die kommissie…
9 Jul 2AM 1 min

Europa moet oorafhanklikheid op VSA, China afskud

Die Franse president, Emmanuel Macron, sê Europese lande moet hul oorafhanklikheid van Amerika en China afskud. Hy het Dinsdag die Verenigde Koninkryk se Parlement toegespreek as deel van sy staatsbesoek aan die land. Macron sê die Europese demokratiese model word bedreig deur buitelandse inmenging, die manipulering van inligting, gesonde verstand…
9 Jul 2AM 1 min