SME's Compete sê DBN staan nie werklik kleinsake by nie

--:--
Die Ontwikkelingsbank van Namibië het tussen 2020 en 2024 bykans 750 miljoen Namibiese dollar aan klein- en mediumgrootte besighede uitbetaal, maar leninggoedkeurings het met 66 persent gedaal. Dit laat kommer ontstaan oor klein ondernemings se toegang tot finansies. Die bank sukkel al lank met lenings wat nie terugbetaal word nie, maar het in 2024 weer 'n wins aangeteken, van 62 miljoen Namibiese dollar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Danny Meyer van SMEs Compete.
3 May 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

So kan boere na-oes skade aan grane stopsit

Namibiese boere sien hierdie seisoen uit na goeie graan-oeste, danksy normale tot bogemiddelde reënval regoor die land in die plantseisoen. Kleinboere het begin met die dors van stapelvoedselgrane soos mahangu, mielies en sorghum, terwyl hulle ook voorberei op opberging. Baie ly egter steeds na-oes verliese weens swak beplanning en onvoldoende…
24 Jun 11AM 1 min

DA prys Steenhuisen wat broodprys-verhoging verhoed

Die DA sê hy is trots op die oorwinning van die landbouminister, John Steenhuisen, wat die styging van die broodprys sal verhoed. Die party sê die minister het 'n vorige reëling geïdentifiseer en beëindig waar 'n verskaffer gemagtig word om gehalte-inspeksies van brood en graan by kleinhandelaars dwarsdeur die land…
24 Jun 11AM 1 min

Ithete gaan met Nida vergader oor probleme, klagtes

Die probleme by die Namibiese Industriële Ontwikkelingsagentskap, Nida, het in die Nasionale Vergadering ter sprake gekom. Die AR-leier Job Amupanda wou by adjunk-eerste minister Natangue Ithete weet of hy bewus is van die vele klagtes oor Nida. Ithete het so geantwoord.
24 Jun 10AM 1 min