ANC-studiegroep kap na MK-party

--:--
Die ANC-studiegroep vir die staande komitee oor die Ouditeur-Generaal sê die MK-party se versoek vir ʼn ondersoek na uitgawes wat verband hou met die uitgestelde 2025 nasionale begroting is beuselagtig. Die party beskuldig die regering dat hy miljoene rand wanbestee op voorbereiding vir die nasionale begroting wat twee keer uitgestel is. Imraan Subrathie van die ANC sê die inligting wat die MK-party versoek, kan verskaf word deur die Nasionale Tesourie en die onderskeie staatsorgane:
12 May 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Brandstof nie vinniger goedkoper

Ondanks onderverhalings het die energie-ministerie die brandstofprys onveranderd vir Julie gelaat. Luidens die aankondiging is 53 sent onderverhaal per liter petrol, amper 60 sent per liter 50ppm diesel en amper 54 sent per liter 10ppm. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus-ekonoom Oliver Diggle gepraat, wat nie brandstofprysverligting in die afsienbare…
28 Jun 6AM 1 min

Atletiek: Jaco Potgieter blits silwer by jeugspele los

Namibië se blits, Jaco Potgieter, het Vrydag silwer by die Wêreldjeugspele in Gothenburg in Swede verower met die tweede plek in die 400m-hekkies vir seuns. Potgieter se tyd was 56,07 sekondes. Hy is deel van die Napso-span atlete wat uit tien meisies en tien seuns bestaan, meestal hoërskoolleerlinge. Buiten die…
28 Jun 6AM 1 min

VSA bly oor vrede tussen DRK, Rwanda

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, het die vredesooreenkoms verwelkom wat tussen die ministers van Buitelandse Sake van Rwanda en die Demokratiese Republiek die Kongo, Olivier Nduhungirehe en Thérèse Kayikwamba Wagner, in Washington onderteken is. Rubio het die harde werk van beide lande, die Afrika-Unie en Katar geprys…
28 Jun 5AM 1 min

Triomf vir Trump in hof

Die Amerikaanse president Donald Trump het 'n groot oorwinning in die land se Hooggeregshof behaal toe die mag van federale regters beperk is om uitvoerende optrede te blokkeer. Die hof sê landswye verbiedings deur distrikshofregters, oorskry die gesag wat die Kongres aan federale howe verleen het. Die hof het nie…
28 Jun 4AM 1 min

Vakbond verwelkom ingryping met Ithala Bank 

Cosatu het die minister van finansies, Enoch Godongwana, geprys vir sy ingryping om die likwidasie van Ithala Bank te stop. Die bank van KwaZulu-Natal sou vroeër sluit nadat dit insolvent verklaar is. Werksgeleenthede was in gevaar en meer as 257 000 kliënte was in die gedrang. Cosatu-woordvoerder Zanele Sabela sê…
28 Jun 3AM 1 min