VSA bly oor vrede tussen DRK, Rwanda

--:--
Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, het die vredesooreenkoms verwelkom wat tussen die ministers van Buitelandse Sake van Rwanda en die Demokratiese Republiek die Kongo, Olivier Nduhungirehe en Thérèse Kayikwamba Wagner, in Washington onderteken is. Rubio het die harde werk van beide lande, die Afrika-Unie en Katar geprys. Hy verwelkom voortgesette pogings en vergaderings om die protokol vir blywende vrede in die streek te finaliseer, na drie dekades van konflik:
28 Jun 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Toename in ongelukke wek kommer

Die MVA-fonds het 'n beduidende toename in padongelukke, sterftes en botsings in 2025 aangeteken sedert verlede jaar, wat ernstige kommer wek oor padveiligheid landwyd. Kosmos 94.1 nuus het met Ruben Uupindi, die fonds se senior bestuurder vir ongeluk- en beseringsvoorkoming gepraat.
8 Jul 5AM 1 min

Sinomine-afleggings: Minister verklaar dispuut

Arbeidsminister Wise Immanuel wil die vrywillige aflegging van 650 werkers by Sinomine Resources staak en sal ‘n versoener deur die kantoor van die arbeidskommissaris aanstel om die dispuut te hanteer. Immanuel het nie toegang tot die myn verkry nie en het met die werkers, die Arbeidskommissaris en die vakbond by…
8 Jul 5AM 1 min

Trump verloor goeie wil met sy optrede

Reaksie word ontvang op Amerikaanse president Donald Trump wat sê 'n bykomende 10 persent invoertarief sal gehef word op enige land wat hom by die BRICS-groep se "anti-Amerikaanse beleide" skaar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met professor Andre Duvenhage, 'n politieke ontleder van Suid Afrika, wat sê Trump se optrede…
8 Jul 5AM 1 min

Ondangwa nader NHE met agterstand van 7 000 huise

Die Ondangwa-stadsraad staar 'n behuisingskrisis in die gesig, met 7 000 mense op hul waglys uit informele en semi-formele gebiede. Dit is volgens die raad se uitvoerende hoof, Ismael Namgongo, tydens 'n ondertekening van 'n memorandum van verstandhouding met die Nasionale Behuisingsonderneming. Die voorsitter van die onderneming se raad, Toska…
8 Jul 4AM 1 min

ANC probeer kaderontplooiing verdoesel - DA

Die DA sê die ANC verdedig die onverdedigbare deur volledige en onvoorwaardelike steun te gee aan minister Nobuhle Nkabane van Hoër Onderwys en Opleiding, wat krimineel ondersoek word. Die DA beskuldig Nkabane dat sy die Parlement bedrieg het om kaderontplooiing te verdoesel. Karabo Khakhau van die party waarsku dat sulke…
8 Jul 4AM 1 min