Woord vir Vandag - 15 Mei 2025

--:--
“…Vader, vergewe hulle, want hulle besef nie wat hulle doen nie!..” Lukas 23:34
Vergewe hulle en wis dit dan uit
Sommige gemeenskappe in die geskiedenis het diegene wat egbreuk gepleeg het, gestraf deur hulle ‘n groot bloedrooi letter A te laat dra wat hulle in die openbaar as egbrekers geïdentifiseer het. As jy betrap is dat jy gesteel het, het hulle jou ‘n bal en ketting laat rondsleep. Miskien dink jy: ‘Wel, hulle het dit verdien.’ Regtig? Jesus het gesê as jy bloot wellustig na iemand kyk, het jy reeds in jou hart egbreuk gepleeg (sien Matteus 5:28). Hy het ook verder gesê dat die manier waarop jy ander mense oordeel, dieselfde manier is waarvolgens jy geoordeel sal word (sien Matteus 7:1-2). Let twee dinge op: 1) God sal nie jou sonde net oorsien nie. ‘Die Here dissiplineer juis die mense vir wie Hy lief is…’ (Hebreërs 12:6 NLV). 2) Hy sal nie sy rug op jou draai nie. Niks kan ons van God se liefde skei nie (sien Romeine 8:38-39). Wanneer iemand jou dus seermaak, sê God dat ons hulle moet vergewe en dit dan moet uitwis! Indien ons dit nie doen nie, sal dit aanhou om die manier wat ons dink, optree en praat, te beïnvloed. Dit sal ons ook aan ou, pynlike herinneringe vasgebind hou. Om iemand te vergewe begin deur vir hulle te bid. Jy sê: ‘Maar ek het nodig om te verstaan hoekom hulle dit gedoen het.’ Wyse mense doen dwase dinge, goeie mense doen slegte dinge en misleide mense weet nie wat hulle doen nie. Jesus het vir die mense wat Hom gekruisig het, gebid: ‘Vader, vergewe hulle, want hulle besef nie wat hulle doen nie!’ Eendag mag jy dalk dit wat jou oortreder gemotiveer het, verstaan. Selfs al verstaan jy dit egter nie, moet jy hulle vergewe en dit uitwis.
14 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 23 June 2025

“These things I have spoken…that My joy may remain in you, and…your joy may be full.” John 15: 11 NKJV Don’t burn out (2) To keep from burning out, do this: (1) Join a support group. Ask yourself, who fills the role of Paul to your Timothy? Who teaches you…
22 Jun 2 min

Word for Today - 22 June 2025

“I give thanks to Him Who…granted me…strength and made me able [for]…the ministry.” 1 Timothy 1:12 AMPC Don’t burn out (1) Did you know that people in the helping professions experience a higher rate of drug abuse, alcoholism, and suicide than other professions? A major contributing factor is they only…
21 Jun 2 min

Word for Today - 21 June 2025

“Righteousness…shall be imputed [transferred] to us who believe in Him who raised up Jesus.” Romans 4:22, 24 NKJV Understanding the word “imputed” Picture a transfer of funds from one account to another. Banks do it every day. Now imagine yourself destitute and unable to pay your debts. Then in an…
20 Jun 2 min

Woord vir Vandag - 23 Junie 2025

“Dit het Ek vir julle gesê sodat julle my blydskap mag ervaar en julle blydskap volkome kan wees.” Johannes 15:11 NLV Moenie uitbrand nie (2) Om te voorkom dat jy uitbrand, moet jy die volgende doen: 1) Sluit by ‘n ondersteuningsgroep aan. Vra jouself af wie die rol van ‘n…
22 Jun 2 min

Woord vir Vandag - 22 Junie 2025

“Hoe dankbaar is ek teenoor Christus Jesus ons Here, wat my betroubaar geag en my aangestel het om Hom te dien.” 1 Timoteus 1:12 NLV Moenie uitbrand nie (1) Het jy geweet dat mense in beroepe wat ander mense help ‘n hoër koers van dwelmmisbruik, alkoholisme en selfdood as ander…
21 Jun 2 min