Windhoek Gim se radiostasie, omroepers reg vir uitsaai

--:--
Windhoek Gimnasium bereik môre 'n mylpaal wanneer die skoolradiostasie, Red Aloe Radio, sy eerste uitsending gaan aanbied. Tien leerders wat as omroepers gaan diens doen is deur die Vereniging van Uitsaai Veterane opgelei, en het sertifikate ontvang na voltooiing van die kursus. Dit is die eerste groep aspirant-omroepers wat deur die vereniging touwys gemaak is. Sanet Lamprechts van Windhoek Gimnasium is aan die woord.
15 May 12PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

LLPB sê oor veebrandmerk-registrasies

Sedert Julie 2023 werk die direktoraat veeartsenydineste en die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad daaraan om produsente-inligting in NamLITS op te dateer weens baie onaktiewe veebrandmerke Die finale sperdatum vir verifikasie was 25 April vanjaar en ongeverifieerde brandmerke word nou gedeaktiveer. Die raad sê indien ‘n brandmerk verkeerdelik gedeaktiveer is, moet…
23 Jun 3AM 1 min

ActionSA wil plaaslike regering herstel

ActionSA sê hulle gaan vandag 'n intensiewe landwye veldtog in Alexandra, Johannesburg, bekendstel, vir die herstel van plaaslike regering in Suid-Afrika. Die party sê die bekendstelling sal plaasvind in 'n gemeenskap wat, soos baie ander regoor Suid-Afrika, verwaarloos en agtergelaat is. Zwelithini Mtshali van ActionSA sê in die komende maande…
23 Jun 3AM 1 min

So ervaar Namibiërs openbare gesondheid

Cirrus het onlangs 'n opname gedoen om te bepaal hoe Namibiërs gesondheidsorg in die land beskou. 'n Oorweldigende meerderheid van die respondente in die noordelike streke was meestal ontevrede en sê dat die openbare fasiliteite swak is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Cirrus-ekonoom Tannan Groenewald, wat meer oor…
23 Jun 2AM 1 min

Guterres vra vir einde aan geweld en onderhandeling in die Midde-Ooste

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, sê die Amerikaanse aanval op Iranse kernfasiliteite dui op 'n gevaarlike wending in die Midde-Ooste, 'n streek wat nie nog 'n siklus van vernietiging kan deurstaan nie. Guterres het 'n beroep gedoen op 'n staking van gevegte en 'n terugkeer na ernstige,…
23 Jun 2AM 1 min

Iranse gesant by VN veroordeel aanvalle

Iran se ambassadeur by die Verenigde Nasies, Amir Saeid Iravani, beskuldig Amerika dat hy kies om sy eie veiligheid roekeloos op te offer om Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, te beskerm. Amerika het die naweek Iranse kernaanlegte aangeval en Teheran het gewaarsku die gevolge gaan onherstelbaar wees. Iravani het…
23 Jun 1AM 1 min