Woord vir Vandag - 18 Mei 2025

--:--
“’n Pa van ‘n kind wat reg doen, het rede vir blydskap…” Spreuke 23:24 NLV
Die kinders hou jou dop (2)
As ouer wil jy graag hê dat jou kinders goed moet uitdraai en die beste manier om dit te doen, is deur voorbeeldige gedrag tuis te vertoon (sien Efesiërs 5:1). Leer om nee te sê. Susan Alexander Yates sê: ‘Daar is eenvoudig te veel eise en keuses en te min tyd. Volwassenheid beteken om te leer om iets wat jy regtig graag wil doen uit te stel, om sodoende op iets belangriker te kan fokus. Miskien stel jy daardie loopbaangeleentheid uit sodat jy meer tyd saam met jou kinders kan hê, of daardie uitstappie saam met jou vriende sodat jy daar is wanneer jou tieners hul vriende by jou huis onthaal. Miskien moet jy vir nog ‘n skoolsport ‘nee’ sê, sodat jou gesin saam aandete kan eet. Vra jouself wat oor 10 jaar gaan saak maak - dat jy jou kind vir nog ‘n aktiwiteit ingeskryf het en aande apart deurgebring het, of ‘nee’ gesê het en sodoende saam as gesin aandete geëet het? Jaag Christus met nuwe krag na. Ek bid koning Dawid se gebed: ‘Help my om weer opgewonde en bly te wees. Help my om te jubel van vreugde…’ (Psalm 51:10 DB). Besluit om daardie vreugde te herwin. Verander jou alleentyd met God. Besluit op ‘n nuwe onderwerp in jou Bybelstudie. As jy nog steeds afgerem voel, vra God om vir jou die rede te wys. Is daar sonde in jou lewe wat jy ignoreer? ’n Verkeerde verhouding, selfbejammering, jaloesie?’ Die Bybel sê: ‘…kom ons stroop alles af wat ons spoed kan vertraag, veral die sonde wat so maklik ‘n houvas op ‘n mens kry. Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê, ons oë vasgenael op Jesus…’ (Hebreërs 12:1-2 NLV). Wees altyd bewus dat die kinders jou dophou.
17 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 6 June 2025

“You are like a letter written by Christ.” 2 Corinthians 3:3 CEV Your life is a letter (1) Paul wrote to the Corinthian believers: “You are our letter…for everyone to read and understand…a letter written by Christ and delivered by us. But you are not written with pen and ink…
5 Jun 2 min

Word for Today - 5 June 2025

“Except the Lord build the house, they labour in vain that build it.” Psalm 127:1 KJV Don’t get ahead of God One Bible teacher writes: “Satan doesn’t mind when we build, as long as he’s the head contractor. He’ll make sure we smear God’s name all over our dreams, then…
4 Jun 2 min

Woord vir Vandag - 6 Junie 2025

“Julle toon duidelik dat julle ‘n brief van Christus is…” 2 Korintiërs 3:3 NLV Jou lewe is ‘n brief (1) Paulus het vir die gelowiges in Korinte geskryf: ‘Julle is tog self ons brief… bekend aan en gelees deur alle mense. Julle toon duidelik dat julle ‘n brief van Christus…
5 Jun 2 min

Woord vir Vandag - 5 Junie 2025

“As die Here die huis nie bou nie, is die bouers se arbeid tevergeefs…” Psalm 127:1 NLV Moenie voor God uit beweeg nie Een Bybelonderwyser skryf: ‘Satan gee nie om wanneer ons bou nie, solank as wat hy die hoofkontrakteur is. Hy sal seker maak dat ons God se naam…
4 Jun 3 min

Word for Today - 4 June 2025

“No one puts new wine into old wineskins.” Mark 2:22 NKJV Out with the old and in with the new! As a new creation, you’re no longer controlled by your old behaviour but by your relationship with Christ. Jon Walker writes: “A few miles from my house there’s a convenience…
3 Jun 2 min