Die dag wat was, 3 Junie 2025

--:--
Welkom by die Dag Wat Was om 7-uur, waar Kosmos jou ‘n opsomming van die hoofnuusgebeure van die dag, van hier, daar en oral bring.
3 Jun 1PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Meer as 7 000 Afghane is in VK hervestig na inligting uitlek

Duisende Afghaanse mense waarvan sommige saam met Britse magte in Afghanistan gewerk het, is in die geheim in die Verenigde Koninkryk hervestig nadat ʼn Britse amptenaar in 2022 per ongeluk hul inligting laat uitlek het. Die flater het die persoonlike inligting van byna 20 000 mense bekendgemaak en stel hulle…
16 Jul 1AM 1 min

Cyril weet sedert Mei Mcebisi is deur VSA verwerp

Die DA sê president Cyril Ramaphosa het maande gelede reeds geweet Amerika het 'n diplomatieke visum aan die voormalige adjunkminister van Finansies, Mcebisi Jonas, geweier en dat sy geloofsbriewe reeds in Mei verwerp is. Hy het egter steeds Suid-Afrika se amptelike gesant gebly en uit die land vertrek sonder voldoende…
16 Jul 1AM 1 min

CCF sê oor Nabha-jagluiperdwyfie

Dr. Laurie Marker van die Cheetah Conservation Fund het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor Nabha, die agtjarige wyfiejagluiperd in Indië se Kuno Nasionale Park, wat Saterdag vrek is aan beserings wat sy na bewering 'n week gelede tydens 'n jagtog opgedoen het. Volgens owerhede was een van haar bene…
16 Jul 1AM 1 min

Namcor: ACC op soek na Malima, sê hy is in Angola

Die Teenkorrupsie-kommissie het 'n lasbrief vir inhegtenisname vir Namcor-korrupsieverdagte Victor Malima bevestig. Malima is die eienaar van Eco Fuels en voormalige besturende direkteur van Enercon, wat met die Namcor-bedrogskandaal verbind word. Kosmos 94.1 Nuus het met die kommissie se woordvoerder, Josephine Nghituwamata gepraat, wat sê hy is vermoedelik in Angola.
16 Jul 12AM 1 min

Vraag na plaaslike speenkwalwers bly hoog

Namibië is amptelik in die speenkalf veilingseisoen, met vraag wat sterk bly veral met bek-en-klouseer in die buurland. Kosmos 94.1 Nuus het met Desmond Cloete, die bemarking bestuurder by die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad oor die pryse gesels. Hy sê vraag na slagbees bly ook hoog.
16 Jul 12AM 1 min