Woord vir Vandag - 7 Junie 2025

--:--
“…Ons word al hoe meer verander om soos die Here te lyk…” 2 Korintiërs 3:18 NLV
Jou lewe is ‘n brief (2)
‘n Brief moet maklik gelees en verstaan word. Onverstaanbare skryfwerk verdraai die boodskap en ontmoedig die leser. Die doel van ‘n brief is om die skrywer se gedagtes oor te dra. Wanneer dit nie gebeur nie, hou die leser op lees of kry nie die boodskap nie. Aangesien jy ‘…‘n brief van Christus is…’ (vers 3 NLV), is hier ‘n paar algemene foute wat jy moet vermy: 1) Oneerlikheid by die werk. Dit sluit dinge soos om jou uitgawes te versin, maatskappytyd te steel en items huis toe te neem wat jy dink nie gemis sal word nie, in. (2) ‘n Slegte gesindheid. Om byvoorbeeld gegrief te wees wanneer ‘n vriend, medewerker of baas jou op ‘n ongeleë tyd vra om hulle te help en die ekstra myl te loop. (3) Substandaard werk wat in swak produkte en dienste weerspieël word. (4) Onbetroubaarheid en inkonsekwentheid. Kan daar op jou gereken word om te wees waar jy veronderstel is om te wees en om jou verpligtinge na te kom? (5) Deur ‘n suurpruim te wees. Christene wat nie ‘n sin vir humor het nie en optree asof hulle vreugde haat, maak die saak van Christus seer in plaas daarvan om dit te bevorder. (6) Gevoeligheid. Hoe sien mense jou? Dra jy jou gevoelens op jou mou? Raak jy maklik ontsteld? Oorreageer jy op onbedoelde oortredings? (7) Woedebuie. Is jy krapperig, knorrig en kla wanneer dinge nie na jou sin verloop nie? (8) Eiegeregtigheid. Dit kan jou met ‘n vermetele, godsdienstige stemtoon laat praat wat mense afskrik. Onthou: ‘…bekend aan en gelees deur alle mense…’ (vers 2 NLV), maak dus seker dat jou gesindheid en optrede goed op jou geloof en jou Here reflekteer.
6 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 12 July 2025

“To everything there is a season, a time for every purpose under heaven.” Ecclesiastes 3:1 NKJV Knowing the season you’re in Your life’s purpose is connected to a specific time and season. In other words, it will have a beginning and an ending. Some of God’s purposes can be fulfilled…
11 Jul 2 min

Word for Today - 11 July 2025

Go the extra mile Try to picture this: You’re in a restaurant with someone whose meal costs $15.00, and you’re watching them struggle over the tip. They have $2.00 left over, and they know that a 10 percent tip is considered the very minimum. They waste five minutes getting change…
10 Jul 2 min

Word for Today - 10 July 2025

“Let each of you look out not only for his own interests, but also for the interests of others.” Philippians 2:4 NKJV Don’t be dismissive If you are in a position of leadership, try to be aware of how you respond to the feelings, thoughts, and opinions of those around…
9 Jul 2 min

Woord vir Vandag - 12 Julie 2025

“Daar is ‘n vaste tyd vir alles, elke ding onder die son het sy tyd” Prediker 3:1 NLV Ken die seisoen waarin jy is Jou lewensdoel word aan ‘n spesifieke tyd en seisoen gekoppel. Sommige van God se doelwitte kan binne ‘n kort tydjie bereik word, terwyl ander ‘n leeftyd…
11 Jul 2 min

Woord vir Vandag - 11 Julie 2025

“As ‘n soldaat jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer ver.” Matteus 5:41 NLV Loop die ekstra myl Verbeel jouself die volgende: Jy is in ‘n restaurant met iemand wie se rekening R100 is en jy sien hoe hulle die fooitjie…
10 Jul 2 min