
Nanso hou voet by stuk oor gratis hoër onderwys
--:--
Reaksie is ontvang op onderwysminister Sanet Steenkamp wat sê dat gratis hoër onderwys gekoppel sal word aan die behoeftes en aanvraag van die land se sleutel-ekonomiese sektore. Sy het ook gesê dit sal die wanverhouding tussen gegradueerdes en arbeidsmarkvereistes aanspreek. Steenkamp het gepraat tydens 'n hoflikheidsbesoek aan Karas-goewerneur Aletha Frederick. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jessy Abraham, woordvoerder van die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso.