Boksbeheerraad, Faith Foundation haaks oor geveg

--:--
Drama broei in die plaaslike bokswêreld, met die Namibië Boksbeheerraad wat 'n geleentheid wat deur die Faith Foundation vir 14 Junie geskeduleer is, nie goedgekeur het nie. Die geveg sou die gewilde Harry Simon en Ninja teen mekaar in aksie sien. Volgens die beheerraad is daar nie 'n aansoek vir goedkeuring ingedien nie. Dennis Tobias, die stigter van die Faith Foundation, het aan die nasionale uitsaaier gesê die geveg sal voortgaan by die Oshakati Onafhanklikheidstadion.
11 Jun 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Miljoene liters riool daagliks in Sand- en Bloedrivier gestort

Die DA vra onmiddellike ingryping by die Polokwane-munisipaliteit se voortslepende storting van onbehandelde riool in die Sand- en Bloedrivier. Dit word veroorsaak deur die munisipale waterbehandelingsaanleg se vervalle infrastruktuur. Johan Retters van die DA sê ondersoeke het onthul meer as 70 megaliter onwettige riool word daagliks in die riviere gestort:
9 Jul 11PM 1 min

Trump vergader met vyf Afrika-leiers

Amerikaanse president Donald Trump het Woensdag met leiers van vyf Afrika-lande vergader terwyl hy 'n internasionale handelsoorlog opskerp wat ontwikkelende lande bedreig. Sy administrasie het ook groot dele van Amerikaanse buitelandse hulp vir Afrika geskrap, wat teen 2030 tot meer as 14 miljoen bykomende sterftes kan lei, volgens navorsing wat…
9 Jul 11PM 1 min

Waak teen brande, veral as jy partytjie hou

NamPol het 'n verklaring uitgereik oor toenemende brande by huise. Kinders wat sonder volwasse toesig gelaat is sterf soms in hierdie brande, terwyl ander slagoffers beseer word en huise met waardevolle besittings afbrand. Kosmos 94.1 Nuus het met NamPol hoofinspekteur Elifas Kuwinga gepraat, wat 'n ernstige waarskuwing rig.
9 Jul 11AM 1 min

Wêreld moet Hamas se seksuele geweld erken

Hamas het seksuele geweld tydens die aanval op Israel op 7 Oktober 2023 gebruik, volgens 'n vrouegroep van Israeliese regs- en geslagskundiges. Die Dinah-projek sê die verslag is gebaseer op 'n oorsig van bewyse, insluitend eerstehandse getuienis van 'n oorlewende van 'n poging tot verkragting. Daar is ook getuienis van…
9 Jul 11AM 1 min