Copps 94.1: Man weier om te blaas in hoofstad

--:--
Drank was Vrydagaand die vernaamste sondaar in Windhoek met die polisie wat twee mans vir beweerde dronkbestuur vasgetrek het. Daar was ook drie ligte motorongelukke in die hoofstad. Francois Lottering van die Copps 94.1-span was oudergewoonte op die toneel en doen verslag:
14 Jun 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namfisa vat finansiële geletterdheid een tree verder

Namfisa het 'n gebruikersvriendelike, veeltalige webwerf bekendgestel om finansiële geletterdheid te bevorder en Namibiërs te bemagtig om ingeligte finansiële besluite te neem. Dit dek onderwerpe soos versekering, pensioene en beleggings, en sluit interaktiewe gereedskap en die digitale gelukbringer Tulonga in. Kosmos 94.1 Nuus het met Victoria Raimond, bestuurder van korporatiewe…
7 Jul 6AM 1 min

Verslag oor George-gebou se ineenstorting moet vrygestel word

Die GOOD-party in die Wes-Kaap vra die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, om die Raad vir die Bou-Omgewing se finale verslag oor die instorting van 'n gebou in George onmiddellik vry te stel. Vier-en-dertig mense is dood toe 'n vyfverdieping-woonstelgebou in aanbou in Mei verlede jaar ingetuimel…
7 Jul 6AM 1 min

Naweek se brande is pure nalatigheid

Verskeie brande het die afgelope naweek rondom Windhoek uitgebreek, met groot voorvalle wat by Daan Viljoen, Ongos, en langs die lughawepad aangemeld is. Kosmos 94.1 Nuus het met Fillipus Sikongo, senior stasiebeampte van die Stad Windhoek se Brandweer gepraat wat sê daar is strawwe vir mense wat doelbewus brande stig…
7 Jul 6AM 1 min

Tariewe: SAOG kan munt slaan as hy ideologie laat vaar

Die Amerikaanse dollar het vandag naby meerjarige laagtepunte teenoor die euro en Switserse frank verhandel, terwyl markte op handelsnuus gewag het voor president Trump se tariefsperdatum. Nuwe wederkerige tariewe sal na verwagting op 1 Augustus in werking tree nadat 'n 90-dae moratorium Woensdag eindig. Kosmos 94.1 Nuus het met dr…
7 Jul 6AM 1 min

Ontleder meen bateverklarings se egtheid belangriker as staatspensioenvoordeel

Reaksie word ontvang na visepresident Lucia Witbooi die staatspensioen van 1 600 Namibiese dollar gelys het onder haar voordele in haar bateverklaring. Daar is egter talle kabinetslede wat die oumens pensioen ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het met Frederico Links van die ATI Action Coalition in Namibië gepraat.
7 Jul 6AM 1 min