Rugby: Bulle reg vir Leinster, sê Strauss

--:--
Min mense dink die Bulle gaan vandag in Dublin hond haaraf maak in die Verenigde Rugbykampioenskap-eindstryd teen Leinster, onder leiding van die voormalige Springbok-afrigter Jacques Nienaber. Die Bulle se afrigter, Jake White, het vroeër gesê die gasheerspan bestaan uit Ierse toetsspelers, die All Black Jordie Barrett op senter, met die dubbele Wêreldbekerwenner RG Snyman en die Franse toetsspeler Rabah Slimani op die bank. Die huidige Bok-afrigter, Rassie Erasmus, sê spelers moet onthou hulle kan Bok-erkenning kry as hulle vandag goed speel. Afskop is vanaand om ses-uur. Kosmos 94.1 Nuus het met die Bulle se hoof, Willem Strauss, gepraat:
14 Jun 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

BKS: Melk van kwarantyn-plase sal bemark kan word

Die Departement van Landbou sê met sommige provinsies wat sukkel met bek-en-klouseer, het hulle besluit om toe te laat dat melk van kwarantyn-plase in Limpopo en die Oos-Kaap op die plaaslike mark vrygestel word. Die minister van Landbou, John Steenhuisen, het die opheffing van die siektebestuursgebiede aangekondig nadat verskerpte pogings…
7 Jul 4AM 1 min

Dooiepunt in Oekraïne vrede-gesprekke frustreer

Tymofiy Mylovanov, die president van Kiëf se Ekonomiese Skool en voormalige ekonomieminister in die Oekraïne, sê die stop van die besending van Patriot-missiele na sy land, sowel as die dooiepunt tussen presidente Putin en Trump is uiters frustrerend. Hy het in ‘n onderhoud met CNN gesê al wat gaan gebeur…
7 Jul 4AM 1 min

Gemeenskap ruk op teen aspekte van Stad Windhoek se bestuur

Gemeenskapslede in die hoofstad word uitgenooi na 'n perskonferensie vandag om half-11 by die Katutura-jeugkompleks. Gemeenskapsaktivis Shaun Gariseb sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat verskeie aspekte van Stad Windhoek se bestuur, insluitend sy rekeningstelsel, sal onder die loep kom.
7 Jul 3AM 1 min

Onwettige immigrante in SA mag mediese behandeling ontvang

Die Young Intelligent Minds of South Africa sê onwettige buitelandse burgers kan nie toegang tot gesondheidsorg as gevolg van hul status geweier word nie. Die YIMOSA-leier, Jeffrey Mabunda, sê dit volg nadat die Forum for South Africa en ActionSA die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie veroordeel het omdat hulle gesê het buitelandse burgers…
7 Jul 3AM 1 min

Slagoffers moet nie sake terugtrek nie

Die Gautengse portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid het 'n ernstige waarskuwing gerig aan misdaadslagoffers, veral slagoffers van geslagsgeweld, om nie strafregtelike sake teen oortreders terug te trek nie. Die komiteevoorsitter, Bandile Masuku, sê dit kom te midde van groeiende kommer oor 'n ontstellende tendens wat pogings om geslagsgeweld te bestry en oortreders…
7 Jul 2AM 1 min