Mej. Namibië wen 'n huis, met meubels

--:--
Die Mej. Namibië 2025-wenner sal 'n volledig gemeubileerde huis ontvang, danksy 'n nuwe vennootskap tussen die NBC, die Mej. Namibië-organisasie en die Nasionale Behuisingsonderneming. Die ooreenkoms, wat van Junie vanjaar tot Junie 2028 geldig is, sluit twee huise per jaar in – een vir Mej. Namibië en een vir NBC se "Wen 'n Huis"-program. NBC sal dit ondersteun met lugtyd en produksiedienste. Kosmos 94.1 Nuus het met die Mej. Namibië-organisasie se woordvoerder, Beaulah Boois-Beukes, gepraat:
17 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nóg ‘n storm op pad na Texas

Inwoners in Texas staal hulself vir nóg ‘n storm ná kitsvloede verlede naweek die lewens van ministens 120 mense geëis het en 160 nog vermis word. President Donald Trump van Amerika het Vrydag rampgebiede in die staat besoek, waar vrae toenemend opduik oor onder meer die doeltreffendheid van die vroeë-waarskuwingstelsel…
12 Jul 12AM 1 min

VN vies oor VSA-sanksies teen spesiale gesant

Die Verenigde Nasies sê sanksies teen spesiale gesante skep ʼn gevaarlike presedent. Dit volg nadat Amerika sanksies ingestel het teen die VN se spesiale gesant vir die Wesoewer en Gaza, Francesca Albanese. Die minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê die sanksies teen Albanese is omdat sy regstreeks met die…
11 Jul 11AM 1 min

James O’Connor onverwags terug vir Wallabies

Rugby: Die losskakel James O’Connor keer die eerste keer sedert 2022 terug na die Wallabies se groep van 36 vir die toetsreeks teen die Britse en Ierse Leeus. Die 35-jarige O’Connor vervang Noah Lolesio, wat ʼn nek-operasie ondergaan het. Die eerste toets is volgende naweek op die Suncorp-stadion in Brisbane…
11 Jul 11AM 1 min

Unam vertel van nuwe Unicef-netwerk insluiting

Die Universiteit van Namibië is die land se enigste akademiese instelling wat by Unicef se nuutgestigte Academia for Social and Behavior Change-netwerk in Nairobi aangesluit het. Die netwerk sluit 24 universiteite in en beoog om kinderregte te bevorder deur navorsing, vaardigheidsontwikkeling en beleidsinvloed. Unam het hom daartoe verbind om sosiale…
11 Jul 10AM 1 min