Gaza: 59 kossoekers dood na IDF tenks afvuur

--:--
Minstens 59 mense is dood na Israeliese tenks in 'n skare in Khan Younis in Gaza afgevuur het wat probeer het om meel van vragmotors te kry. Dit was een van die bloedigste voorvalle sover in die toenemende geweld, terwyl desperate inwoners sukkel om kos in die hande te kry. Die Israeliese weermag het erken dat hulle in die omgewing geskiet het en sê dat hulle die voorval ondersoek. Intussen het lede van Dokters Sonder Grense by EU-leiers gepleit om Israel te druk om sy beleg op Gaza te beëindig. Een van die dokters, Virginia Monetti, het by 'n perskonferensie gepraat.
18 Jun 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA waarsku teen bilharzia in Limpopo

Die DA in Limpopo sê die versuim om gereeld die water by skole te toets, kan nog 'n bilharzia-uitbreking veroorsaak, soos die een verlede jaar. Die party doen 'n beroep op die LUR vir Onderwys, Mavhungu Lerule-Ramakhanya, om watergehaltetoetsing voorop te stel en saam met munisipaliteite te werk om te…
5 Jul 1AM 1 min

Copps 94.1: Dronkbestuur grootste kopseer

Die eerste Vrydagaand van Julie het relatief stil in die hoofstad verloop, met ‘n voetganger wat raakgery is wat die Copps 94.1-span se grootste uitdaging was. Dronkbestuur was ook ‘n probleem. Francois Lottering was op sy Copps 94.1-pos en doen verslag.
5 Jul 12AM 1 min

Meer Rehoboth-inwoners kry titelaktes

Tydens 'n kort opdatering oor plaaslike ontwikkelingspogings by die regering se inligtingsentrum het Rehoboth-raadslid Jacky Khariseb die vordering met die oorhandiging van titelaktes aan dorpsinwoners gedeel. Die eiendomme word aan inwoners oorhandig en die skuld word afgeskryf. Khariseb het meer.
4 Jul 11AM 1 min

Oostenrykse president loof SA tydens staatsbesoek

Die Oostenrykse president, Alexander van der Bellen, sê Suid-Afrika se vreedsame en inklusiewe oorgang na demokrasie is 'n wêreldwye voorbeeld van bestendigheid en vooruitgang. Hy het tydens 'n staatsbesoek aan die Uniegebou in Pretoria die sterk bande tussen die twee lande benadruk, nie net met betrekking tot sakebedrywighede nie, maar…
4 Jul 11AM 1 min