Oud-ombud sê oor tronke, aanhouding vir jeugdiges

--:--
Die 11 jeugdige voorverhoor-verdagtes wat uit die Oluno-korrektiewe fasiliteit in Ondangwa ontsnap het, waar hulle aangehou is vir ernstige misdade soos verkragting, veediefstal en huisbraak, het weer die kollig geskyn op die gebrek aan fasiliteite vir jeugoortreders. Die vyf Namibiërs en ses Angolese van tussen 14 en 17 jaar oud is weer in hegtenis geneem. Hulle is oorspronklik tussen 2022 en vanjaar gearresteer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die voormalige ombudsman advokaat John Walters, wat sê dinge moet in die belang van kinders gedoen word.
18 Jun 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Polisie ondervra 19 oor skietery in Michells Plein

Die Wes-Kaapse polisiekommissaris, Thembisile Patekile, sê 19 mense word ondervra oor die bendeverwante skietery in Mitchells Plain, waarin vyf mense dood en verskeie ander beseer is. Drie van die arrestasies was vir die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie. Hy bevestig meer as 100 beamptes is intussen na die betrokke…
5 Jul 6AM 1 min

Gesondheid ken tientalle beurse toe

Die gesondheidsminister, dr. Esperance Luvindao, het 52 beurse toegeken om die tekort en vaardigheidsgaping in die gesondheidsektor aan te spreek, veral tussen landelike en stedelike gebiede. Die beurse dek velde soos tandheelkundige terapie, optometrie en mediese ingenieurswese. Luvindao sê dat die beurse onder Projek 2013 val, wat reeds 586 gegradueerdes…
5 Jul 5AM 1 min

Pasop vir masels, waarsku SA regering

Die regering doen 'n beroep op alle ouers en versorgers om seker te maak dat kinders ten volle ingeënt is teen die gevaarlike en hoogs aansteeklike maselsvirus. Die regering sê vanjaar tot dusver is 379 laboratoriumbevestigde maselsgevalle en 409 rubellagevalle deur die Maselsverwysingslaboratorium by die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes…
5 Jul 4AM 1 min

Nasionale dialoog ‘n ‘politieke rookskerm’, sê Steenhuisen

Die DA-leier John Steenhuisen sê hy het nooit gevra om by die Interministeriële Komitee oor die Nasionale Dialoog aan te sluit nie. President Cyril Ramaphosa het die komitee aangestel. Steenhuisen, wat na verwagting as die minister van Landbou sal bywoon, het op 'n nuuskonferensie gesê hy het enkele ure voor…
5 Jul 3AM 1 min

Rugby: Bulle reg vir toekoms, sê Strauss

Die president van die Blou Bulle, Willem Strauss, het ondersteuners verseker dat planne in plek is om die span se uitnemende vertoning voort te sit ná die vertrek van Jake White as afrigter en rugbydirekteur. Die Bulle het Vrydag aangekondig dat ‘n wedersydse besluit geneem is dat hul paaie onmiddellik…
5 Jul 3AM 1 min